“En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels,
ten tweede profete, ten derde leraars, daarna …”
(1 Kor. 12:28, OAV)
Ons is besig om ‘n negende mite in die eietydse kerk te ondersoek: Die dominee of pastoor is die spilpunt van ‘n kerkgemeenskap en sonder hom kan ‘n gemeente kwalik optimaal funksioneer. In die vorige Manna het ons uitgewys dat hierdie stelling ‘n diepgewortelde mite is wat met die loop van eeue gevestig is, en dat dit geen Bybelse begronding het nie.
Deel van die gesprek wat vroeër in die Mannas van Dag 842-851 gevoer is oor die apostasie van die eietydse kerk, met ander woorde die feit dat “mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het” (2 Tim. 3:5) die organiserende kern van die kerk uitmaak, kom nou weer hier ter sprake. In dié genoemde Mannas het ons bevind dat die instansie wat “allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen” (2 Thes. 2:9) akkommodeer om ‘n vals salwing in stand te hou, die geïnstitusionaliseerde kerksisteem is. Diegene “who have missed the mark and swerved from the truth” (2 Tim. 2:18, IGNT) is binne die sigbare kerk, nie daarbuite nie. Daar is uitgewys dat alles wat nié Christus is nie, steeds deur die vleeslike natuur en dus die Bose beheer word. Binne die geinstitusionaliseerde Babiloniese kerksisteem word die geperverteerde gelowiges deel van ‘n demoniese “many-membered man” wat lynreg staan teenoor die Bruid van Christus as ‘n “many-membered man”. Die apostatiese kerksisteem versluier die gelowiges daarbinne om nié te kan verstaan dat die sisteem verhoed dat “die mens van sonde, die seun van die verderf, die teëstander” IN HULLE geopenbaar kan word nie.
Hieruit vloei dan noodwendig voort dat die onBybelse sisteem wat deur die dominee of pastoor gerig word, in diens staan van hierdie perversie. In sy boek: Doing A New Thing skryf Brian Hewitt as hy praat van die nuwe bewussyn rondom die vestiging van huiskerke: “The leaders of the new churches all shared the same goal: the rebuilding or restoring of the present-day church to its New Testament splendour. And they shared the same conviction that God was actively at work in the last days to bring this to pass. Those Christians who had come to believe that a period of lukewarmness and backsliding in the church would be a sign of the nearness of Christ’s return WERE WRONG – the era of the apostle, not the era of apostasy was at hand.”
Ons is in die tyd waar die klem val op die rol van die vyfvoudige bediening as die Hand van God in die totstandkoming van die Liggaam van God. “So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.” (Efes. 2:19-22). Ons moet wegbeweeg van die mentaliteit van ‘n sporadiese besoeking of visitasie na ‘n voortdurende habitasie. Soos die masskrif hierbo dit duidelik uiteensit, is die leraars nie die kernfiguur van die gemeente nie. (En onthou deurgaans: die posisie van die dominee/pastoor-cum-herder/leraar is nie wat nog eens hierbo bedoel word nie.)
- Sela: Is daar in jou geloofsgemeenskap gesalfde apostels en profete?
- Lees: 81, 88 en 92
- Memoriseer: 81:12
- Delf dieper: Lees die boek van Brian Hewitt.