soos Christus ook Hoof is van die gemeente …”
(Efes. 5:23, OAV)
In sy boek: To Preach or Not to Preach? gee David Norrington ‘n helder uiteensetting van die ontwikkeling van hiërargiese strukture en gepaardgaande spesialisgebiede wat duidelik uitwys hoe die apostoliese era van kerkvestiging en –gebruike tot stand gekom het.
Volgens Everette Ferguson (Early Christians Speak: Faith and Life in the First Three Centuries) was Ignatius van Antiogië (+35 – 117 n.C.) die eerste persoon wat homself in so ‘n posisie van die enkelleier van ‘n gemeente begin voorhou het. Dis in hierdie stad waar die navolgers van Christus vir die eerste keer dan ook “Christene” genoem is (Hand. 11:26). In Ignatius se briewe aan die Christene lê hy baie klem op die rol van die “biskop” as “verteenwoordiger van God, wat daarom blindelings deur die gemeente gehoorsaam moet word” (Christina Landman in: Christelike Kernensiklopedie). F.F. Bruce, in sy boek The Spreading Flame, wys uit dat Ignatius se geweldige invloed gelei het tot ‘n wêreldwye aanvaarding van die sogenaamde “bishop’s office”, veral nadat Ignatius deur die Romeine ‘n marteldood toegedien is. Die verklaarde “heilige” se laaste verduidelikings dat een van die ouderlinge van die gemeente bo die res tot “biskop” verhef moet word, het duidelik met die loop van eeue die grondslag gevorm vir die ontwikkeling dat die eietydse dominee/pastoor in ‘n hoofposisie ten opsigte van ander gemeentelede geplaas word. Enkele aanhalings uit sy briewe (te kry in Early Christian Writings: The Apostolic Fathers) wys die perversie van die Bybelse norm: “Plainly therefore we ought to regard the bishop as the Lord Himself … All of you follow the bishop as Jesus Christ follows the Father … Wherever the bishop shall appear, there will the people be … It is not lawful apart from the bishop either to baptize or to hold a love feast; but whatever he shall approve, this is well-pleading to God … It is good to recognize God and the bishop. He that honors the bishop is honored of God … Do nothing without the bishop …” (Robert M. Grant: The Apostolic Fathers: A New Translation and Commentary, vol. 11).
Met die verloop van tyd het die biskop alle vorme van kerklike verantwoordelikheid uit die Liggaam geneem (waar dit legitiem tuishoort: 1 Kor. 14:26) en daaroor begin heers, dit begin beheer en onder sy outoriteit geplaas (R. Alastair Campbell: The Elders: Seniority within Earliest Christianity). Een groot rede waarom Ignatius hierdie sentrum van beheer wou vestig, was om só te probeer keer dat dwaalleer in die kerk deur “oningeligtes” versprei word (Richard Hanson: The Christian Priesthood Examined).
Die biskop het met verloop van tyd die hoofadministrateur van die kerk geword, ook die persoon wat besluit het wat met die tiendes en die offergawes gedoen moet word (S.L. Greenslade: Sheparding the Flock), wat hom dan ook bykans ongekende mag gegee het. Hy moes nou alles aan almal leer en alles volgens sy superieure geestelike kennis en uitgesonderde geestelike posisie beheer. Die eens aktiewe ekklesia het nou bloot passief gewag op die bevele van die biskop, nou die hoof van die gemeente, in weerwil van die eksplisiete opdrag in Efes. 5:23 in die masskrif hierbo. En so, ipso facto, het die biskop ontvou in die posisie van die eietydse dominee en pastoor.
- Sela: Wat moes die Liggaam in die proses prysgee?
- Lees: 2 Sam. 5:1-10; 1 Kron. 11-12
- Memoriseer: 2 Sam. 5:7 (wat moes Dawid se koningskap in die Bruid kom herstel?)
- Delf dieper: Lees enige van die boeke hierbo genoem.