
“hy … bak brood; ook maak hy daar ‘n god van en buig hom daarvoor neer” (Jes 44:15, OAV)
Gister se woord noop dit om ons hele definisie van kerk en kerkwees, asook ons deelwees daarvan, te herdefinieer. Ons behoort te weet dat kerkgebou NIKS te make het met kerkwees nie. In die Ou Testament is daar oorvloedig bewys van verwysings na “die huis van die Here”. Hierdie frase kom egter nie één keer in die Nuwe Testament voor nie. In die Ou Verbond was die kerk/tempel/tabernakel dikwels ‘n plek gewees waar God se teenwoordigheid was en waar Hy gedien kon word; in die Nuwe Verbond is God se kinders egter die tabernakels (Joh 1:14; 1 Kor 3:16). Inderdaad dan, soos Hand 7:48 dit stel: God woon nie in tempels gemaak deur mensehande nie. In die Ou Testament kon ons nog saam met Dawid sê: “Laat ons na die huis van die Here gaan!”, maar in die Nuwe Verbond is die kerk nie noodwendig die plek waar God teenwoordig is nie. Mense wat katedrale en kloosters besoek en hoendervleis kry, kry dit bepaald nié van die teenwoordigheid van God daar nie. Om hierdie rede het die eerste gemeentes eerder “van huis tot huis” byeengekom (Hand 2:46; 5:42), daar waar die gewoonheid van die lewe sigbaar was – immers: in Hom leef, beweeg en is ons” (Hand 17:28).
Omdat gelowiges die Liggaam is, is daar ‘n noodwendige hunkering in ons almal om te deel aan the bread of His Presence. Dáárom kom ons bymekaar. Maar helaas, dikwels word hierdie saamwees gedikteer deur godsdienstige oorwegings en begin ons voorskrifte maak van kleredrag, gedrag, wat gepreek mag word, wie mag preek, wanneer ons moet sing, staan, sit, loop, hoeveel geld ons moet gee, wat aanvaarbare gedrag is, wat nie, ensovoorts, ensovoorts. Kort voor lank word die revelation ‘n organisation en op ‘n goeie dag besef ons: in hierdie georganiseerde byeenkoms is daar soveel menslike vatmerke, God het desnoods onttrek.
As ‘n mens nie die ware God aanbid nie, aanbid jy dikwels dit wat jy dink is God. En dikwels is dit godsdiens wat aanbid word (Rom 1:23). Die Israeliete het God se wonderwerke gesien, maar het gou-gou verval in die aanbid van twee selfgemaakte goue kalwers, wat hulle inderdaad as Jehovah aangespreek het (Eks 32:4-5). Betlehem, in Grieks: huis van brood, is helaas dikwels eerder ‘n rowerspelonk (Mark 11:17).
- Sela: Vra God om jou denke te vernuwe ten opsigte van kerkwees. Besin asb waarvan jy deel is.
- Lees: Rig 2; Ps 92; Hand 2
- Memoriseer: Hand 2:38
- Vir dieper delf: Lees hfst 7 v