Dag 932

 

Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref

en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?”

(Hand. 2:37, OAV)

Daar is in die huidige reeks rondom die gees van perversie die afgelope klompie leringe spesifiek gekonsentreer op die manifestasie van hierdie gees in die eietydse kerk.

Om saam te vat – daar is twaalf oorkoepelende mites geïdentifiseer wat soms ongeskrewe voorskrifte en riglyne, soms eksplisiete leerverordeninge, is vir die kerklike gemeenskap. Ons het dit met jare van ons kerkvoorgeslagte oorgeërf, en dit onkrities net aanvaar. Die twaalf gespesifiseerde mites is die volgende:

 

1.Die mite dat tempel ‘n gebou in die nuwe verbond is.

  1. Die mite dat die ampsdraers van die kerk spesiale gesante van God is.
  2. Die mite dat kerktoegaan van gelowiges hul beste vra, ook dan veral in uiterlike sake.
  3. Die mite van liturgie as voorgestelde Bybelse orde in die erediens.
  4. Die mite van Sondag as die Sabbat, “die dag van die Here” en derhalwe die dag waarop gelowiges meen hulle moet kerk toe gaan.
  5. Die mite dat bepaalde vakansiedae volgens die Christelike kalender heilige dae is.
  6. Die mite dat georganiseerde lofprysing in die ekklesia van sentrale belang is om God te verheerlik.
  7. Die mite is dat die preek die kern van die gemeentelike byeenkoms is.
  8. Die mite dat die dominee of pastoor is die spilpunt van ‘n kerkgemeenskap en sonder hom kan ‘n gemeente kwalik optimaal funksioneer.
  9. Die mite dat geld (veral tiendes) ‘n baie belangrike aspek van die sukses en bestaan van kerke is.
  10. Die mite dat gelowiges se kleredrag in die kerk hul respek vir God vertoon.
  11. Die mite dat sakramente ‘n Bybelse verordening is.

 

Daar kan nog baie ander aspekte van kerkfunksionering uitgewys word wat nie Bybels is nie, byvoorbeeld die sogenaamde outoriteitsrol van kerklike gesag in/oor die lidmate van die gemeente (ten opsigte van huweliksmaats, losmaking van die kerk, submissie, en so meer); die feit dat almal in die gemeentes moet meewerk aan die hoofpastoor of dominee se visie; dat die “gesalfdes van die Here” onaantasbaar is, en so meer. Maar soveel denominasies, soveel onBybelse gebruike. Ons hoef nie die onheilige vaatjie uit te drink om te proe hoe proe die wyn nie. Elkeen wat God in gees en waarheid (Joh. 4:23) dien, moet hulself die vraag afvra wat hierbo in die masskrif gevra word.

  • Sela: Beantwoord die vraag.
  • Lees: 108-110
  • Memoriseer: 110:3
  • Delf dieper: Lees Arthur Wallis: The Radical Christian.