Dag 936

 

“I realize that I don’t have what it takes.

I can will it, but I can’t do it.”

(Rom. 7:18, MSG)

 

Selfaanvaarding beteken dat ek in alle opsigte aanvaarbaar is vir myself: hoe ek lyk, hoe ek is, wat in my binneste aangaan, wat my verlede is, wat my agtergrond, gebreke, opleiding, en so meer is. Daar is nie ‘n kwalifiserende faktor van goed en kwaad, of reg en verkeerd, wat daaraan toegevoeg is nie – dis bloot ‘n vrede maak met die stand van myself as ‘n persoon op hierdie stadium van my lewe. Die perversiteit waarmee ek en jy skeefgetrek is in ons verledes is ‘n realiteit, en dit is dikwels die rede dat ons sekere aspekte van onsself met minagting bejeën.

Romano Guardini (aangehaal in Walter Trobisch: Love Yourself: Self Acceptance and Depression) skryf die volgende: “The act of self-acceptance is the root of all things. I must agree to be the person who I am. Agree to have the qualifications which I have. Agree to live within the limitations … The clarity and the courageousness of this acceptance is the foundation of all existence.”

Die eerste stap in die skep van selfaanvaarding is dat jy vandag voor God moet aanvaar wat en wie jy is, die totale onvolmaakte en gebroke pakket. Dis bewustelike besluit dat jou lewe nie ‘n fout is, of misluk het, of minderwaardig is, omdat daar onafhede in jou mondering is nie, ten spyte van al die foute wat jy op die lewenspad gemaak het. Maak vrede met jouself. Jy moet eerlik van jouself kan sê soos Paulus in Rom. 7:18-19: “Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.” Die Message verwoord dit raak: “I realize that I don’t have what it takes. I can will it, but I can’t do it.”

Die tweede stap is om te bely dat jou beeld van jouself grootliks bepaal is deur jou ouers, gesins- en familielede, jou portuurgroep, gesagsfigure in jou lewe, geestelike leiers, jou geliefdes, jou huweliksmaat, kollegas, werkgewer, en so meer. Hul persepsie van jou bepaal grootliks hoe jy jouself takseer. Dikwels is dit as gevolg van hul gebrek aan erkenning of openlike kritiek en negatiwiteit teenoor jou dat jy ‘n skeefgetrekte persepsie van jouself vorm. Ons is almal desperaat vir positiewe opbou, en heg heeltemal te veel waarde daaraan. Daarom word ons dikwels ook ten diepste afgeknou, seergemaak, geboelie, verneder en gekrenk deur mense wat ons liefhet en ag as ons nie hul sogenaamde “favour line” maak nie. Hierdie begrip is gemunt deur Wayne Jacobsen in sy boek He Lovs Me: Learning to Live in the Father’s Affection: “It’s the invisible line that tells us whether or not we’ve met enough of someone’s expectations to merit approval.”

Dit is ongelukkig waar dat die meeste van ons dikwels voel we dont make the cut. Bring hierdie staat van verwagting en verwronge verwesenliking, gebrokenheid en skaamte voor God. Bely dat jy van mense se opinies afhanklik was en nie van God se Beeld nie. Bely dat die beeld wat jy so opgebou het, bepaald ‘n vals beeld is.

 

  • Sela: Doen hierdie belydenis.
  • Lees: 111-118
  • Memoriseer: 111:10a
  • Delf dieper: Lees een van die boeke hierbo genoem.