Dag 944-946

 

“But God, Who comforts and encourages and refreshes and cheers the depressed and the sinking …”

(2 Kor. 7:6, AMPL)

 

Die gees van perversie werk op verskeie wyses in gelowiges, en dikwels op so ‘n ongesiene wyse dat ons bloot die vrug daarvan in ons lewens raaksien, maar nie weet wat die dieper wortel daarvan is nie.

Wat, sou jy sê, het die volgende bekende figure in gemeen: Jim Carrey, Winston Churchill, Leonard Cohen, Diana Prinses van Wallis, Ernest Hemingway, Billy Joel, Martin Luther,  Michelangelo, Wolfgang Amadeus Mozart, Isaac Newton, Brad Pitt, J. K. Rowling, Robbie Williams, Oprah Winfrey? Of selfs Bybelse figure soos Josef, Moses, Elia, Dawid, Job en Jeremia?

Hulle is almal mense wat gelei het/lei aan die siektetoestand depressie. Depressie word allerweë die siekte van ons tyd genoem, alhoewel dit eintlik ‘n eeue-oue toestand is.

Gelowiges probeer dikwels hul geloof inspan om depressie die hok te slaan, maar dit gebeur helaas selde, en dit het geensins te doen met ‘n gebrek aan geloof by jou nie. Daar is ‘n  geweldige misverstaan oor die toestand, wat ons in hierdie Mannas wil probeer hanteer. Dit is vir ‘n persoon wat werklik depressief is geweldig frustrerend as mense dink dis ‘n blote oppervlakkige emosie en dat “jy jou moet regruk”, wat dít ook al sou beteken. Spr. 25:20  (GNB) stel dit beeldend baie raak: “Singing to a person who is depressed is like taking off a person’s clothes on a cold day or like rubbing salt in a wound.” Die Message se vertaling van Nehemia se depressietoestand word soos volg gestel: “So he asked me, ‘Why the long face? You’re not sick are you? Or are you depressed?’ That made me all the more agitated.” (Neh. 2:2).

Volgens die standaardbron: Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders word iemand formeel met depressie gediagnoseer as hy/sy ten minste vyf van die volgende simptome vertoon:

  • ‘n neerslagtigheid of ‘n depressiewe gemoed, bykans elke dag, vir die grootste deel van die dag
  • ‘n duidelik onderskeibare verlies aan lewensvreugde of vervuldheid in bykans alle aktiwiteite waarmee jy gemoeid is
  • ‘n definitiewe gewigsverlies (sonder om op dieet te wees), of gewigstoename, en ‘n duidelike verandering in aptyt
  • insomnia (slaaploosheid) of hipersomnia (heeltemal te veel slaap)
  • psigomotoriese geïrriteerdheid (kan nie stilsit nie) of psigomotoriese wanfunksionering (sit onnatuurlik stil vir lang tye)
  • totale kragteloosheid en verlies aan energie
  • ‘n gevoel dat jy niks werd is nie, of jy het oordadige en dwingende skuldgevoelens
  • ‘n onvermoë om te konsentreer, en besluiteloosheid
  • terugkerende en dwingende gedagtes oor dood en/of selfmoord

 

Dis belangrik om te besef dat ten minste vyf van hierdie simptome moet terselfdertyd in ‘n periode van twee weke manifesteer alvorens die diagnose van depressie moontlik gemaak kan word.

Gemeet hieraan is dit wat die meeste mense ervaar bloot neerslagtigheid is, en nié depressie nie. DIT IS BAIE BELANGRIK DAT JY DIT VIR JOUSELF VASMAAK AS JY SOMS NEIG TOT DEPRESSIWITEIT – OM NIE DAN OOR JOUSELF TE SPREEK DAT JY AAN DEPRESSIE LY NIE. Jy is bloot neerslagtig en dit is grootliks te wyte aan óf moeilike, neerdrukkende omstandighede óf mediese redes.

Alle mense ervaar soms tydelike neerslagtigheid – dit kan ‘n groot verskeidenheid oorspronge hê, soos wat dinge maar in die normale lewe met jou gebeur. Dit is met ander woorde situasioneel, en jy kan die oorsprong van jou neerslagtigheid peil as jy bietjie daaroor nadink: die gevoel dat die werk wat jy moet doen jou verswelg en jy nie kans sien daarvoor nie; hormonale veranderinge; as jy voel alles draai teen jou; om die gevolge te hanteer van eenvoudige nalatigheid of kroniese uitstel; ‘n skuldige gewete oor iets wat jy weet jy verkeerd gedoen het (en bang is jy word uitgevang), of wat jou vrymoedigheid met God roof; selfbejammering oor ‘n bepaalde verlies; dinge wat anders verloop as wat jy wil hê; slegte gevoelens oor hoe ander jou behandel het; ‘n gebrek aan geld, gesondheid, werksgeleenthede; bekommernis oor situasies waaraan jy nie veel kan doen nie, en veel meer. Soms is mense neerslagtig as daar nie ‘n verandering van vooruitsigte is nie, of omdat jy doodverveeld is met jou lewe en omstandighede.

Alvorens ons dan oor die geestelike hantering van depressie gaan praat, hanteer ons eers die perversiteit van neerslagtigheid. Ek noem dit spesifiek so, want omstandighede kan ‘n mens baie dikwels só in neerslagtigheid laat verval dat jy glad nie kans sien om die lewe of die moeilike omstandighede waarin jy jou bevind, te hanteer nie. Die Bybel skram nie weg van die benoeming hiervan nie, en al word dit soms depressie genoem, is dit nie die patologiese toestand wat ons hierbo kon onderskei nie – dit is hoofsaaklik die gevolg van omstandighede. ‘n Handvol voorbeelde daarvan ter illustrasie – bykans al die gevalle hierbo benoem kan met hierdie diversiteit van voorbeelde begrond word:

 

  • “When Cain became very upset and depressed, the LORD asked Cain, ‘Why are you so upset? Why are you depressed?’” (Gen. 4:5-6, ISV).
  • “Then Rebekah said to Isaac, ‘I am deeply depressed because of these daughters of Heth. If Jacob were to marry one of these daughters of Heth who live in this land, I would want to die!’” (Gen. 27:46, NET).
  • “When Joseph came to them in the morning, he saw that they were looking depressed.” (Gen. 40:6, NET).
  • “And Moses spake these words unto all the sons of Israel, and the people were greatly depressed.” (Num. 14:39, Rotherham).
  • “Hannah responded, ‘No, sir. I’m not drunk. I’m depressed. I’m pouring out my heart to the LORD. ‘” (1Sam. 1:15, GW).
  • “’Why are you so depressed these past few mornings,’ Jonadab asked Amnon, ‘since you’re a son of the king? Why not tell me?’ Amnon replied, ‘I’m in love with my brother Absalom’s sister Tamar.’” (2 Sam. 13:4, ISV).
  • “So Tamar stayed there at the home of her brother Absalom and was depressed.” (2 Sam. 13:20, GW).
  • “The king went back home to Samaria, worried and depressed.” (1 Kon. 20:43, GNB).
  • “So Ahab went home, angry and depressed because of what Naboth had told him. He lay on his bed, just staring at the wall and refusing to eat a thing. Izevel his wife went and said to him, ‘Why are you so depressed that you refuse to eat?’” (1 Kon. 21:4-5, CEV).
  • “During the month of Nisan in the twentieth year that Artaxerxes was king, I served him his wine, as I had done before. But this was the first time I had ever looked depressed.” (Neh. 2:1, CEV) .
  • “Why am I so depressed? Why this turmoil within me? I am deeply depressed; therefore I remember You from the land of Jordan and the peaks of Hermon, from Mount Mizar.” (Ps. 42:5-6. csb).
  • “They have set a snare for my feet, which makes me depressed.” (Ps. 57:6a, ISV).
  • “I thought about all my hard work, and I felt depressed.” (Klaagl. 2:20, CEV).
  • “That’s all I ever think about, and I am depressed.” (Klaagl. 3:20, CEV).
  • “Dispirited, depressed in their forced idleness– everyone who works for a living, jobless.” (Jes. 19:10, MSG).
  • “I was depressed and ill for several days.” (Dan. 8:27, GNB).
  • “I am depressed!1 Indeed, it’s as if the summer fruit has been gathered, and the grapes have been harvested. There is no grape cluster to eat, no fresh figs that I crave so much.” (Miga 7:1, NET).
  • “And He took Peter, James, and John with Him, and He began to be greatly amazed, and deeply depressed.” (Mark. 14:33, EMTV).
  • “These are the kind of people who smooth-talk themselves into the homes of unstable and needy women and take advantage of them; women who, depressed by their sinfulness, take up with every new religious fad that calls itself ‘truth’.” (2 Tim. 3:6, MSG).

 

Dit bring, vreemd genoeg, op ‘n vreemde manier, vertroosting om te dink dat soveel Bybelfigure ook met neerslagtigheid gesukkel het, nie waar nie!

Benewens fisiese omstandighede is daar ook allerhande ander faktore wat jou in ‘n neerslagtigheid kan laat val: voedingstekorte of oorvoeding; stimulante (voorskrifmedisyne, onwettige dwelmiddels; kaffiëne); lae bloedsuiker; allergieë; swaarmetaalvergiftiging; mikrobiologiese wanbalanse; toksienes; mediese toestande (soos beroerte, hartaandoenings, kanker, Parkinsons se siekte, diabetes en skildklierprobleme); en selfs die deprivasie van natuurlike lig.

Gary R. Collins, in sy Christian Counseling: A Comprehensive Guide (p. 107), maak hierdie belangrike uitspraak oor die moontlike fisiese oorsake van neerslagtigheid: “Depression often has a physical basis. At the simplest level, we know that lack of sleep, insufficient excercise, the side effects of drugs, physical illnesses, or improper diet can all creation depression. Thousands of women experience depression as part of a monthly premenstrual syndrome (PMS) and some are victimized by postpartum depression following childbirth. Other physical influences, like neurochemical malfunctioning, brain tumors, or glandular disorders, are more complicated creators of depression. There is evidence that depression runs in families and may have a genetic basis.”

In hierdie gevalle is mediese hulp onontbeerlik om die siektetoestand of tekort te hanteer, en sal die gemoed herstel wanneer daar genesing intree. Nie alles is altyd net geestelik van aard nie. Die wat siek is, sê Jesus in Mark. 2:17, het ‘n geneesheer nodig. Sela.

In die lig van wat alles hierbo genoem is, is dit dus allereers noodsaaklik om te besef dat die patologiese toestand van depressie (waarby ons later in detail terugkom) iets totaal anders is as die geneigdheid tot depressiwiteit, of liefs eerder: neerslagtigheid. Laasgenoemde het moontlik ‘n mediese oorsprong, óf is te wyte aan bepaalde omstandighede wat die neerslagtigheid meebring. In die volgende Manna bied ons die Bybelse perspektief hierop.

 

  • Sela: Ly jy aan neerslagtigheid, of aan depressie? Ken jy iemand wat daaraan ly?
  • Lees: 7-15
  • Memoriseer: 8:30-31 (in die lig van 1 Kor. 1:24)
  • Delf dieper: Lees enige van die boeke hierbo genoem.