Dag 947-948

 

“Why am I so depressed?

Why this turmoil within me?”

(Ps. 42:11, csb)

 

Die gees van perversie trek verskeie dinge in jou lewe skeef, en ons het met die vorige Mannas gesien hoe lewenskwaliteit as gevolg daarvan ingeboet word. In die lig van wat alles bespreek is, is dit noodsaaklik om te besef dat die patologiese toestand van depressie iets totaal anders is as die geneigdheid tot depressiwiteit, of liefs eerder: neerslagtigheid. Laasgenoemde het moontlik ‘n mediese oorsprong óf is te wyte aan omstandighede.

Die herstel van neerslagtigheid is ‘n voortdurende proses in elke mens se lewe. Dit is ‘n ‘n bepaalde proses van hantering.

Allereers: sorg dat alle moontlike mediese onafhede of fisiologiese oorsake (soos in die vorige Manna genoem) deeglike aandag kry. ‘n Hantering daarvan op ‘n professionele vlak sal ‘n langtermynantwoord op die probleem bied. Doen dit onverwyld.

Tweedens: stres is onteenseglik een van die grootste redes tot neerslagtigheid. Paulus verwys daarna as “the stress which is weighing upon us” (1 Kor. 7:26, NJB). As jy dikwels neerslagtig is, is dit bes moontlik omdat daar te veel druk op jou is en te veel dinge te gou gedoen moet word. Jou lewenstempo en die verwagtinge wat van jou gestel word (deur jouself, of deur ander, veral werkgewers), skep deurgaans onderliggende spanning. Mark. 4:19  (MSG)  stel dit raak: gestresdes is “… overwhelmed with worries about all the things they have to do and all the things they want to get. The stress strangles what they heard, and nothing comes of it.” Derhalwe kry jy nie genoeg rus nie en jou liggaam kry nie die broodnodige ontspantyd om te herstel nie. “His whole life is one of pain, and his work is full of stress; even at night his mind gets no rest. This too is pointless.” (Pred. 2:23, CJB). Neerslagtigheid is dan die noodwendige gevolg, soos Spr. 1:27 (csb) dit uitspel: “when terror strikes you like a storm and your calamity comes like a whirlwind, … trouble and stress overcome you”.

Hoe ‘n persoon dit hanteer, verskil van mens tot mens, maar hier volg ‘n paar baie goeie riglyne vir die hantering hiervan:

  • Jy kan net doen wat jy kán doen; niemand mag bloed uit ‘n klip tap nie. Word realisties oor wat kan, en wat nie kan nie.
  • Fokus op die absolute noodsaaklikhede, sny die tydrowende minder-belangrike verantwoordelikhede. Prioritiseer.
  • Probeer groter take in kleiner onderafdelings verdeel, en begin onverwyld! Nike! Just do it!
  • Hou deurgaans jou doelwit in die oog, en termineer alle aansprake wat nie direk daarmee te doen het nie. Wees konsekwent en streng hierin. You can’t be all things to all people.
  • Hersien deurgaans die proses van verantwoordelikhede, en of dit waarmee jy besig is; korrespondeer met jou hooftaak, of –missie of –fokus.
  • Handhaaf jouself in alle situasies “in simplicity and godly sincerity” (2 Kor. 1:12, EMTV).
  • En dan: baie belangrik: “Write the vision. Make it clear on tablets so that anyone can read it quickly.” (Hab. 2:2, GW).

 

Derdens: hanteer besluiteloosheid. Dit veroorsaak geweldige stres as jy luier en nie beweeg nie. Doen eerder iets as niks. “Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag,” sê Pred. 9:10. Paulus stel dit besonder raak as hy dit in Fil. 2:12b-13 soos volg as riglyn voorhou: “werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae”. Sela asseblief oor hierdie belangrike Skrif. Baie mense wag vir God vir die regte tyd en vir die regte geleentheid. Jesus sê aan sy dissipels: “your time is always opportune” (Joh. 7:6, NASB). Wat ‘n geweldige waarheid wat ek en jy moet vasmaak!

In die vierde plek in hierdie proses: “Banish emotional stress from your mind.” (Pred. 11:10,  NET). Die meeste neerslagtigheid kry gestalte deurdat ons dink wat ander mense dink. Ons projekteer ons vrees om te faal op wat ons dink ander mense gaan dink, en die ironie is dat ons meer as 95% van die kere verkeerd is in ons aannames. Dit veroorsaak dat jy geweldige emosionele stres opbou ten opsigte van iets wat eintlik ‘n versinsel van jou verbeelding is. Dit skep ook vrees en onsekerheid, en werk besonder destruktief in verhoudings in. Moet nóóit dink wat jy dink iemand anders dink nie.

Vyfdens: begin jou tyd onder leiding van God beplan. Maak Ps. 31:15 voortdurend die proklamasie wat jy bely: “My tye is in u hand …” Begin op ‘n daaglikse basis Spr. 16:3 (Ampl) ‘n realiteit van jou dagbeplanning maak: “Roll your works upon the Lord [commit and trust them wholly to Him; He will cause your thoughts to become agreeable to His will, and] so shall your plans be established and succeed.” Skryf dit neer, soos Hab. 2:2 dit hierbo vereis het, en herinner jou deurlopend daaraan.

Hierdie vyf riglyne is die Godgegewe proses om orde in jou lewe te vind en die stres van ‘n oorvol en té besige lewe volgens Sy wysheid en raad (Jes. 11:2) te rig. Deur dit met dissipline toe te pas en jouself te motiveer om gefokus te bly op die uitvoering van God se plan in jou lewe, sal jy van stres en neerslagtigheid ontslae raak. In Dr. Robert Smith se boek: The Christian Counselor’s Medical Desk Reference gee hy ‘n bondige definisie van ‘n depressiewe lewenshouding wat netjies aansny by bogenoemde: “Depression is a debilitating mood, feeling, or attitude of hopelessness (despair or joylessness), which becomes a person’s reason for not handling the most important issues of life.”

In die sesde plek: moet nie funksioneer asof Satan in beheer van jou omstandighede is nie. Die meeste Christene soek agter elke slegte gebeurtenis ‘n bose komplot. As jy in geregtigheid loop, is dit, soos Noag se wandel, genoegsaam om “die wêreld veroordeel” (Heb. 11:7). Daar is nie ‘n onsigbare demoniese swaard oor jou kop nie! Satan is reeds by die kruis uitgeklee! Kol. 2:14-15 (Message) spel dit in beeldende taal uit: “the slate wiped clean, that old arrest warrant canceled and nailed to Christ’s Cross. He stripped all the spiritual tyrants in the universe of their sham authority at the Cross and marched them naked through the streets.” Moet Satan geen eer gee deur in alles “’n aanval” te sien nie. Soos Forrest Gump geleer het: “Shit happens” J

Die sewende geestelike wetmatigheid in hierdie proses is ‘n kragtige een: “Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.” Leer God in alle omstandighede prys. Onthou wat ons in Dag 79 hieroor geleer het: prys God in alle omstandighede – dit is die ultimate uitspreek dat jy vertrou dat Hy in beheer is van jou lewe én alles tot jou beswil sal laat meewerk (Rom. 8:28). Só leer jy die toonbrood van Sy wil met vreugde eet (Pred. 9:7), want God het behae in jou.

Volg Paulus se voorbeeld in Fil. 4:12 (Murdock): “I know how to be depressed, and I also know how to abound in every thing; and in all things am I exercised, both in fullness and in famine, in abundance and in penury.” Dit slaan neerslagtigheid gewis die hok!

 

  • Sela: Werk self deur die proses, of begelei iemand wat sukkel met neerslagtigheid.
  • Lees: 16-21
  • Memoriseer:16:3 in die Amplified hierbo aangehaal (Let die duidelike sinchronisasie!)

Delf dieper:  Lees Merlin R Carothers se boekie: Leer Hom loof. (In Engels: Prison to prais