“… because in your spell inducing drugs
all the races were led astray”
(Open. 18:23, Heritage Bible)
Daar is in die vorige Manna aangevoer dat daar net twee groot oorsake van depressie is: die een is medies van aard, en die ander een word veroorsaak deur psigologiese faktore. Henry Wright, in sy boek A More Excellent Way, maak die volgende stelling: “depression, by definition, is no more and no less than a chemical imbalance in the body induced externally or internally” (p. 234)
Dit is ‘n feit dat chemiese wanbalanse in die brein depressie kan veroorsaak, en dit moet deur ‘n professionele persoon hanteer word. Maar – dit is van groot belang dat die natuurlike, eksterne faktore wat depressie kan aanbring allereers sover prakties moontlik hanteer moet word.
Verskeie aspekte van ons moderne leefwyse dien as snellers van ‘n dormante of ontwikkelende siek mediese toestand: swak eetgewoontes, blootstelling aan chemiese medisyne en toksiese voedsel, gebrek aan oefening en ‘n gesonde lewenstyl, stres, onvoldoende rus, en so meer. Dit is van groot belang dat al hierdie eksterne faktore eers deeglik hanteer word alvorens daar na ‘n pil vir die probleem gegryp word. Al hierdie eksterne rolspelers in die vestiging van ‘n depressietoestand bring mettertyd ‘n fisiese impaktering van die delikate balans in die liggaam mee, en dit kan volgens die nuutste navorsing selfs DNS-mutasies veroorsaak wat die depressietoestand op sellulêre vlak vestig. As dit dan boonop met chemiese medikasie verder in stand gehou word, sodat ‘n afhanklikheid en nie ‘n genesing daaruit voortvloei, is dit bepaald nie deel van God se agenda vir genesing en fisiese vervuldheid nie.
Die feit dat die farmakologiese revolusie die laaste paar jaar as ‘t ware die mediese wetenskap oorgeneem het, en ook die feit dat chemiese medikasie heeltemal té maklik en ondiskriminerend verkry kan word, het helaas onteenseglik meegewerk aan die chemiese disekwilibrium in die gebruikers daarvan se breine, wat vir party mense met ‘n disposisie rakende depressie ‘n lewenswyse van chemiese afhanklikheid ingelui het.
Die disposisie is moontlike genetiese faktore, persoonlikheidsprofieleienskappe en ‘n reeds-afhanklikheid van medikasie. Die hoender-eier-situasie hier is dat die persoon met ‘n geneigdheid tot depressie onmiddellik met chemiese middels behandel word, wat die pasiënt dan in ‘n situasie plaas wat baie moeilik is om omgekeer te kan word. “The side affects of these drugs are incredible. They are serotonin enhancers. When serotonin is released off the dendrite ends in your body, the drugs block the return, thus prolonging the effectiveness of it. It is out there longer, which gives the person a sense of well being.” (Wright, p. 22). Die implikasies hiervan is voor die hand liggend: dit word ‘n chemiese afhanklikheid wat met die loop van tyd die lewenskwaliteit dikteer.
Langdurige chemiese medikasie induseer noodwendig die chemiese balans van die liggaam. Dit raak ten nouste hoe die liggaam funksioneer, veral ten opsigte van metaboliese prosesse. Hierdie medikasie bepaal later hoe jy voel, dink en optree, verander jou persoonlikheid, jou reaksies en hoe jy op die buitewêreld reageer. Op die duur kan dit bepaald selfs jou DNS herskryf, wat jou substansieel iemand anders maak as wie jy werklik is, en jou grootliks in ‘n kunsmatige wêreld laat funksioneer. Die lewe is in die bloed, weet ons uit Lev. 17:11, en derhalwe is nie net jou bloed onder die invloed (“spell”) van pharmakeia nie, maar ook jou sielsdimensie.
In haar onrusbarende boek: Pharmakeia: A Hidden Assasin, beweer Ana Mendez Ferrell die volgende: “12 million people die every year in the western society due to side effects of correctly prescribed medications. The pharmaceutical companies are a trillion dollar industry that promotes sickness and not health, to make money. Never in history has society been as sick as it is today. The consumption of medicine has increased from 2 pills per person in 1950 to 18 pills in 2009. Death due to medications is 10 times greater than that caused by illegal drugs. 30% of people that are hospitalized are due to side effects of medicine.”
Die woorde “pharmacy” (apteek) en “pharmaceutical” kom uit die Griekse woord “pharmakeia” (Strong’s G5331). Luister wat sê die etimologiewoordeboek daarvan: “From G5332; medication (“pharmacy”), that is, (by extension) magic (literal or figurative): – sorcery, witchcraft.” Strongs 5332 is die woordjie “pharmakeus”, en die definisie is: “From φάρμακον pharmakon (a drug, that is, spell giving potion); a druggist (“pharmacist”) or poisoner, that is, (by extension) a magician: – sorcerer.”
Die woorde kom voor in die volgende vier Skrifte, maar soos duidelik blyk, is daar van die oorspronklike betekenis van die woord in die vertaling geen sprake nie:
- 5:19-32: “En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.”
- 9:21 – “En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.”
- 18:23 – “En die lig van ‘n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; want jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei.”
- 21:8 – “Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.”
Die begrip “toordery” word in ander vertalings voorgehou as “intoxications” (ACV), “drinking bouts” (CAB), “drunkenness” (DRB), “uncontrolled and uncontrollable addictions” (Msg). Dit is net die Heritage Bible, hierbo in die masskrif aangehaal, wat enigsins ‘n allure gee van die oorspronklike woordbetekenis.
Indien ‘n mens dit ernstig opneem dat daar ‘n direktiewe poging uit die koninkryk van duisternis is om die gelowige met “pharmakeia” nié die koninkryk te laat beërwe nie (wat nie beteken dat jy verlore is nie, onthou – Dag 290-291), is dit van die grootste belang dat jy die ander weë van genesing met dringendheid moet aangryp, voordat jy die chemiese weg volg. Indien jy reeds die chemiese weg volg, is dit eweneens belangrik om die weg van natuurlike genesing en geestelike genesing onverwyld aan te pak. Moet egter nie die medikasie staak nie – dit veroorsaak weer ‘n ommeswaai in die chemiese balans van die brein, wat jy geensins nie nou kan bekostig nie.
Hou deurgaans Eks. 15:26 as riglyn en bid en proklameer dit voortdurend: “As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.”
- Sela: Bid oor die rol en invloed van pharmakeia in jou lewe.
- Lees: 2 Kron. 4-5; 1 Kon. 7-8
- Memoriseer: 2 Kron. 5:13 (Sien die tipologiese sinchronisasie raak in terme van die tempel!)
- Delf dieper: Lees enige van die boeke hierbo genoem.