Dag 954-955

 

“And the prayer of faith will rescue him who is depressed,

and the Lord will rouse him.”

(Jak. 5:15a, ACV)

In die vorige Manna is die wortelwond geïdentifiseer as simbolies-generies met verskeie moontlike oorspronge. Die gemeenskaplike kenmerk van al die oorspronge is dat dit emosionele wonde is wat onderdruk of gerepresseer is en waarvoor die persoon nie heling ontvang het nie. As ek die wortelwond van depressie visueel moet verbeeld, is Edvard Munch se bekende werk, The Scream (hierbo afgedruk), dalk die mees geskikte. Daar is wyd uiteenlopende interpretasies van die psigologiese ondergrond van die werk, maar bloot oppervlakkig gesien dui dit op ‘n toestand van eksistensiële angs wat tot uitdrukking kom deur ‘n geluidlose gil wat weerklink deur die oneindige ruimte van die self.

My tese is dat depressie nie net ‘n filosofiese kwessie is wat hoofsaaklik die gevolg is van obsessiewe denke oor die emosionele leegte van die werklikheid en die sinloosheid van die lewe, gepaardgaande angstigheid, melancholie, nihilisme, groeiende wanhoop, ‘n Heideggeriaanse “being is always being towards death” nie, nee – dit het ‘n oorsprong wat óf medies gerig word óf deur ‘n wortelwond van emosionele trauma veroorsaak word.

Dis van die allergrootste belang dat die wortelwond gevind en hanteer moet word, alhoewel dit meestal ‘n langtermynproses is. Voordat depressielyers daarby kan uitkom om die oorsprong van die depressie te hanteer, word hul oorspoel deur ‘n vloedgolf van eksistensiële angs en wanhoop wat hul totaal immobiliseer en kragteloos laat. Die voorgestelde hantering van hierdie komplekse saak is dus vir nou allereers kort termyn, om die onmiddellike ervaring van lostness die Hoof (Kol. 2:10 & 19) te bied, en hoop as ankertou tot in die Allerheiligste, daar waar God woon, te kry. Heb 6:18-20 stel dit so: “sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê; en ons het dit as ‘n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het”.

Ons uitgangspunt is die hoop wat Jak. 5:15 (ACV) aan depressielyers, en die persone die naaste aan hulle, bied: “And the prayer of faith will rescue him who is depressed, and the Lord will rouse him.” Job, die prototipe van die depressielyer in die Bybel, se profetiese uitspraak in Job 19:25 (CJB) sê dit sekuur: “But I know that my Redeemer lives, that in the end He will rise on the dust.” Die aanslag van depressie is op die dimensies van die liggaam en die siel (wil, verstand en emosies), dit wil sê stof (Gen. 2:7; 3:19; 18:27), en daarom kan ons nooit depressie nié geestelik hanteer nie. Alle ander benadering daartoe is grootliks gedoem om te faal, want dit kan nooit vanuit die beleërde liggaam en siel beredder word nie. The Redeemer must rise on the dust!

Die voorgehoue stappe is geensins bedoel as ‘n reseppie of ‘n noodplan vir depressie nie, alhoewel dit seer sekerlik ‘n praktiese antwoord bied aan die gelowige wat op die punt staan om deur die wanhoop van depressie verswelg te word. Dit word aangebied as ‘n ontvouende Geesgeleide proses wat baie depressielyers met die loop van jare tot hulp was, Dit is ‘n kontinue “prayer of faith” met  Jes. 59:19b (KJV)  as uitgangspunt: “When the enemy shall come in like a flood, the Spirit of the LORD shall lift up a standard against him.” (Oor wie die vyand hier is, sal ons later uitvoerig skryf.)

Interessant dat die voorgenoemde Skrif die metafoor van ‘n vloed gebruik, want dit is dikwels die direkte simboliese belewenis van persone wat deur depressie bedreig word. Ons almal ken Eùgéne Marais se gedig ‘Diep Rivier’: “Ek hoor die sag gedruis van waters diep en koud; / Ek hoor jou stem as fluistering in ‘n droom, / Kom snel, O Diep Rivier, O Donker Stroom.”

In haar gedig: ‘Darkness’ Grasp’ verwoord Leah Sarah-May Wells dit soos volg: “I’m swimming all alone in a pool of darkness / and I feel like darkness is slowly pulling me under /

I yell for help but no one is there to hear it / I begin to see the water at eye level / and I kick and flail / fighting to stay above the darkness / But the darkness won’t let go of its hold on me / and I slowly begin to give in / to the feeling that lies below the water line / the waters starts to fill my lungs / the lungs that once held so much life / yet now they allow the murky water to replace that / I know that this path doesn’t lead to happiness / But why doesn’t someone grab my hand /pull me from darkness’s grasp? / because no one knows I stand at the boundary / the boundary between light and dark / so I give in to the thing that holds me / All of the strength and all of the courage / that I once held in my heart / can’t save me from the water / So I slowly slip below the world of conscientiousness / undetected by the occupants of that world / I don’t want to fight anymore / I’ve given into darkness”.

Die prototipe Bybelse figuur hier is Jona, maar ook elders in die Bybel is dit die dwingendste metafoor wat gebruik word om depressie se verswelgende aanslag te verbeeld:

  • “… uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp … in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat ‘n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. Toe het ek gesê: Ek is weggestoot …” (Jona 2:2-4)
  • “Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom. Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my. Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag … Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes. Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie! ” (Ps. 69:1-3, 14-15)
  • “Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk. Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ‘n man sonder krag, vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand. U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes. U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela. U het my bekendes ver van my verwyder …” (Ps. 88:3-8)
  • “Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê: Dit is klaar met my! Ek roep u Naam aan, HERE, uit die onderste kuil.” (Klaagl. 3:54-55).

 

Dawid se gebed in Ps. 42:7 bevat die sleutel om van detachment in die depressiestroom tot attachment met die Ewige God te kom: “Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.” Die ISV sê dit onverbeterlik: “Deep waters call out to what is deeper still …” Die ERV stel die laaste gedeelte só: “God, your waves come one after another, crashing all around and over me.” God reagéér op die geluidlose gil.

  • Sela: Om lostness die Hoof (Kol. 2:10 & 19) te bied.
  • Lees: 134; 146-150; 2 Kron. 8; 1 Kon. 9
  • Memoriseer: 134. Maak ‘n lied daarvan wat jy tot God sing in donker tye.
  • Delf dieper: Lees J. Bowlby se boek: Separation: Anxiety and Anger