Dag 957

 

“die woord van God wat ook werk in julle wat glo”

(1 Thes. 2:13c, OAV)

Die sielkunde het bepaald ‘n plek in die hantering van allerlei sielsdimensieprobleme, alhoewel daar duidelik iets in die sielkunde ontbreek wat tot volkome genesing kan lei.

Dr. Neil T. Anderson, in sy boek The Bondage Breaker: The Next Step, glo eweneens in die sielkunde se mees eietydse gebruikte tegniek: kognitiewe gedragsterapie, maar wys uit dat die dimensie wat in die psigiatrie en die sielkunde ontbreek onteenseglik ‘n geestelike perspekief is: “CBT (Cognitive Behavioral Therapy) will not be as effective as it could be if the encourager doesn’t take into account the reality of the spiritual world.”

Ons het menigmaal in die Manna uitgespel dat die eintlike geestelike geveg in die gedagtes van die mens plaasvind, en des te meer in die gedagtes van die gelowige (2 Kor.10:4-5). Immers: “As a man thinks in his heart, so does he become.” (Spr. 23:7, Joyce Meyer-vertaling). Die Skrif in Rom. 12:2 (NJB) stel dit as ‘n absolute beginsel van die Christelike geloofswandel: “let the renewing of your minds transform you”. Dit kan sielkundig gebeur, deur die sielsdimensiefakulteit van jou manier van dink te herprogrammeer (soos wat kognitiewe gedragsterapie doen, soos in die vorige Manna uiteengesit). Hierdie benadering het groot waarde, maar soos Dr. Edmund Bourne persoonlik uitgevind het, is daar duidelike beperkings. Rom. 8:5-8 (CENT) gee die rede hoekom dit die geval is: “For those who live according to the flesh set their minds on the things of the flesh, but those who live according to the Spirit set their minds on the things of the Spirit. To set the mind on the flesh is death, but to set the mind on the Spirit is life and peace. For the mind that is set on the flesh is hostile to God; it does not submit to God’s law, nor can it do so; and those who are in the flesh cannot please God.” Daarom benadruk Paulus in 2 Kor. 10:5 dat “elke gedagte gevange (ge)neem (moet word) tot die gehoorsaamheid aan Christus …”.

Dit is van die allergrootste belang dat jy beheer moet neem (“set your mind”) oor jou gedagtes, en dan spesifie sekere gedagtes moet bedink, en ander negatiewe gedagtes moet verwyder. Fil. 4:8 (Message) maak dit prakties: “Summing it all up, friends, I’d say you’ll do best by filling your minds and meditating on things true, noble, reputable, authentic, compelling, gracious–the best, not the worst; the beautiful, not the ugly; things to praise, not things to curse.”

Maar dit is jóú aktiewe deel. As jy Hom toelaat, sal die Heilige Gees “die woord van God wat ook werk in julle wat glo” (1 Thes. 2:13) in jou vrystel. Hierdie woord “exerts energy in you” (ABP), “supernaturally works in you” (ALTNT), “effectuously worketh also in you” (BB), “which has living power in you” (BBE), “which is also inwardly working itself in you” (Rotherham), “which keeps on working in you” (WMNST). Wat ‘n wonderwerking!

  • Sela: Verduidelik aan iemand die verskil ussen psigiatriese diagnose, sielkundige konsultasie en
  • Lees: 27-29
  • Memoriseer: 29:25
  • Delf dieper: Lees Anderson se boek hierbo genoem.