“the Word which is also inwardly working itself in you”
(1 Thes. 2:13, Rotherham)
Die logos-woord van God is saad (Luk. 8:11) en dit sál ‘n oes meebring as dit reg hanteer word. (Die “woord van waarheid” kan egter ook verkeerd gesny word – 2 Tim. 2:15). Die saad van die Woord moet geplant word, natgemaak word en God sal dit laat groei (1 Kor. 3:6) – dis ‘n geestelike wetmatigheid, het ons in die vorige Manna verduidelik. Omdat God deur die Heilige Gees die woord van God in jou laat werk, vind daar Geesgeleide transformasie plaas. Baie gelowiges weet egter nie hoe om dit te laat gebeur nie.
Dwarsdeur die Skrif word hierdie proses gemetaforiseer met die frase “om die Skrif/ boekrol/Woord te eet”:
- Jer 15:16 – “Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart …”
- 3:1-3 – “Daarna het Hy vir my gesê: Mensekind, eet op wat jy vind; eet hierdie rol op, en gaan spreek met die huis van Israel. Toe het ek my mond oopgemaak, en Hy het my dié rol laat eet en vir my gesê: Mensekind, laat jou buik eet, en vul jou ingewande met hierdie rol wat Ek jou gee. En ek het dit geëet, en dit was in my mond soos heuning so soet.”
- 10:9-10 – “En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning. Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.”
In die kommentaar op Eseg. 3:1-3 word hierdie metafoor soos volg in The Treasury of Scriptural Knowledge parafraserend verduidelik: “Receive My word into thy mind, let it enter into they soul; digest it, let it be they nourishment, they meat and thy drink, to do the will of thy Father who is in heaven.”
Dieselfde gedagte word menigmaal dwarsdeur die Skrif herhaal, asof Vader vir ons deurgaans wil herinner at daar krag in die Woord van God is, dat dit nie net mensewoorde oor Hom is nie, maar dat die ganse Bybel die geïnskribeerde Lewe bevat wat in Jesus Christus is. Kyk hoe word dit ‘n slagrefrein in die Bybel:
- 6:6-9 – “En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.”
- 30:14 – “Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.” (Word herhaal in Rom. 10:8.)
- Job 22:22 – “Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.”
- 1:2 – “maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag”.
- 119:11 – “Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.”
- 119:97 – “Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.”
- 37:31 – “Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.”
- 40:8 – “Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.”
- 2:10-11 – “Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees, oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak …”
- 2:19 – “maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink” (ook sortgelyk herhaal in vers 51).
- 8:31-32 – “En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”
- 3:16 – “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.”
- 1 Joh. 2:14b – “Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.”
Let tog net asseblief op – dit is nie ‘n wettiese, meganistiese, mantraïstiese herhaling van Skrifte wat “hierdie lewe” (Hand. 5:20) bied nie. Jy moet die Woord onder leiding van die Heilige Gees internaliseer, oordink, bepeins, daaroor sela. Dit moet letterlik wees soos wat 2 Sam. 23:2 dit voorhou: “Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong.” Woord en Gees moet altyd saamspreek, want hulle is Één (1 Joh.5:7). Paulus verduidelik dit soos volg in 1 Thes. 1:5 – “ Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid …”
Onthou altyd die waarskuwing van Jesus in Joh. 5:38-40: “En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie. Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.”
Om soos die Fariseërs net die Skrifte te ken en dit deurentyd aan te haal, is nie die idee nie. Die Skrif is die lewensbloed van wie die Godheid is; die lewe lê nie in die letterlike letters van die Woord nie – ons ken mos Paulus se waarskuwing in 2 Kor. 3:6: “die letter maak dood, maar die gees maak lewend”.
Prakties gewys, hoe ek Skrif memoriseer: ek skryf belangrike Skrifgedeeltes op klein kaartjies uit, met die Skrifverwysing op die agterkant, en hou die pakkie byderhand. In die bank se tou, in die toilet, in die motor terwyl ek wag vir kinders, of in ‘n restaurant vir iemand om op te daag, waar ook al, bly ek dit herhaal en memoriseer, ook die plek in die Bybel waar dit staan. Draai die pakkie kaartjies om, kyk na die verwysing, en begin dan herhaal, tot ek vashaak, check vinnig, en gaan aan. Vervang later dié wat jy goed ken met ander. Daarmee saam – bid die Skrif. (Daar is baie boeke oor die onderwerp, byvoorbeeld: Face to Face: Praying the Scriptures for Intimate Worship deur Kenneth D. Boa en Praying the Scriptures: A Field Guide for Your Spiritual Journey deur Evan B. Howard, maar die Heilige Gees is ook voldoende.)
Dit is ook belangrik om belangrike Skrifgedeeltes te ken “sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord” (Kol. 4:6). Moet nie net Joh. 3:16 ken nie; ken ook Gal. 3:16 en 2 Tim. 3:16. Jy moet weet waar die Woord praat oor wedergeboorte, die gees van Elia, wie ‘n ware Jood is, die belangrikheid van doop, doping in Christus, die evangelie van heerlikheid, en so meer. As jy sukkel om Woordkorrelate vir die onderwerpe hier genoem te kan gee, is dit ‘n oproep dat dit nou die welaangename tyd is dat die Woord ryklik in jou moet begin woon.
- Sela: Vind ‘n werkbare manier vir jou om Skrifte te memoriseer.
- Lees: 7-12; 2 Kron. 9; 1 Kon. 10-11
- Memoriseer: 12:11 in ‘n Engelse vertaling.
- Delf dieper: Lees enige van die boeke hierbo genoem.