“Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode …”
(1 Pet. 1:3, OAV)
In hierdie Manna, soos beloof, probeer ons Woordgefundeerde definisies van genade, geloof en hoop bied. In ons ekskursie om uit te kom by die werklike agense van verandering in ons lewe, het ons stil gestaan by die werking van die genade in gelowiges. Daar is toe gesê ek en jy moet God se definisie van kerngeloofsbegrippe aanhang, nie ons gemaklik geperverteerde heformulerings daarvan deur tradisie nie. Dis absoluut moontlik dat die inherente krag in die Woord van God kragteloos word deur ons oorgelewerde denke daaroor. Jesus se waarskuwing in Mark. 7:13 (NKJV): “(you are) making the word of God of no effect through your tradition”, moet deurgaans as waarmerk gebruik word om te toets of jou oortuigings uit tradisie oorgeneem is, en of dit die egtheidstoets van die Woord kan slaag.
Die laaste begrip van die drie onder die loep vorm so ‘n absolute basis dat dit noodwendig eerste behandel moet word: die enigmatiese woordjie ‘hoop’.
In die vorige Manna is uitgewys dat baie gelowiges Heb. 11:1 totaal misinterpreteer, en derhalwe voel asof hulle maar willekeurig op enigiets kan hoop wat hulle begeer en God sal dit deur hierdie geloof in wat hulle wil hê dit wonderbaarlik voorsien: “the confident assurance that what we hope for is going to happen”, soos die NLT it populêr, maar verkeerd vertaal.
Veral in Charismatiese kringe het dit aanleiding gegee tot die gekkighede van die “prosperity gospel” (sien Dag 161), wat veral gelei het tot ‘n ‘n pervertering van die begrip ‘hoop’. Dit word dikwels verwar met die gelowige se vleeslike begeertes, luste, onrein behoefte om wêreldse dinge maklik te verkry. Dit is soos Janis Joplin wat in alle opregtheid waartoe sy in staat was gesing-bid het: “Oh Lord, won’t you buy me a Mercedes-Benz … I’m counting on you, Lord, please don’t let me down.” Of Breyten Breytenbach wat die geleentheid van die ‘Onse Vader’ (in sy digbundel Kouevuur) parodies uitbuit en nié net bid vir sy daaglikse brood nie, maar vir “die botter. die konfyt, die wyn”. Die meeste gelowiges “bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring” (Jak. 4:3).
As hoop, volgens Heb. 11:1, die substans van geloof is (soos verskeie vertalings, byvoorbeeld BBE, CAB, DRB, onder andere, dit stel), beteken dit nie dat alles waarop ons hoop ons verkry as ons net geloof het dat ons dit sal verkry nie. Ek is van mening dat die gelowiges wat in opregtheid ‘n foto van ‘n begeerde vuurwa op hul yskas sit en daagliks proklameer dat hulle dit reeds in die gees besit, grootliks dwaal.
Laat ons die begrip “hoop” dan in Bybelse konteks probeer verklaar.
As Paulus in 1 Kor. 13:13 die ganse evangelie van Jesus Christus opsom in net drie woorde, is hoop een daarvan. Dat ons derhalwe die begrip reg moet verstaan, is onteenseglik so. Rom. 8:24 spel dit sterk uit: “ons is gered in hoop”. Daarom eis andere van gelowiges rekenskap oor “die hoop wat in julle is” (1 Pet. 3:15), want ons het immers “die belydenis van die hoop” (Heb. 10:23). Hoop is nie net die primêre substans van geloof nie, maar ook van roeping (Efes. 1:18; 4:4). Ongelowiges is egter totaal sonder hierdie hoop (Efes. 2:12; 1 Thes.4:13).
Dus: as 1 Tim. 1:1 Jesus Christus personifieer as “Hoop”, begin die Bybelse verstaan van die begrip ‘hoop’ duideliker word. Sien dan 1 Pet. 1:3 – “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode …” Hoop in Bybelse konsep word absoluut nét gesentreer in Jesus Christus, soos Joël 3:16 (KJV) geprofeteer het: “but the LORD will be the hope of his people”. Daarom praat 1 Joh. 3:3 van “elkeen wat hierdie hoop op Hom het”. Besef dit: Hý is ‘n “lewende hoop” (1 Pet. 1:3)! Dus is dit nie soos die GNB dit vertaal dat Hy ons vul met hoop nie – Hy IS die hoop in ons, “the hope of life” (Murdock). Sela assebief daaroor – dit het geweldige implikasies.
Deur die proses van wedergeboorte “God hath regenerated us unto a living hope” (Rotherham), daarom dat WEB dit vertaal as “God became our father again”. Hoop is deur en deur gedefinieer in die Skrif in dit wat ons kan verkry deur Jesus Christus IN ons, en die feit dat jy deur die wedergeboorte, as gevolg van die onverganklike saad van God (1 Pet. 1:23) in die bloedlyn van Jesus Christus ingebore is (Mat. 1:16; Gal. 3:16).
Die Hebreeuse woordjie vir ‘hoop’ of ‘verwagting’ is tiqvâh. Dit kom 34 keer in die Ou Testament voor, waar onder die volgende lukrake voorbeelde ter illustrasie:
- “Draai om, my dogters, gaan heen; want ek is te oud om ‘n man te hê. Al sou ek sê: Ek het hoop!” (Rut 1:12)
- “Tugtig jou seun, want daar is hoop …” (Spr. 19:18)
- “Dan sal Ek haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Agor tot ‘n deur van hoop …” (Hos. 2:15)
Dan is dit absoluut veelseggend dat die twee ander keer wat die woordjie tiqvâh gebruik word, dit beteken: lyn, maar spesifiek in die volgende twee kontekste van Gideon en Ragab:
- 2:18 – “kyk, as ons die land inkom, moet jy hierdie gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind, en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die huis versamel.”
- 2:21 – “Daarop sê sy: Soos julle sê, is dit goed; en sy het hulle laat gaan, en hulle het weggegaan; en sy het die rooi lyn aan die venster vasgebind.”
Albert Barnes’ Notes on the Bible verdudelik dat hierdie “scarlet thread” nie net ‘n ordinêre stukkie gekleurde tou was nie, maar tipologies op veel meer dui: “The ‘line’ or cord was spun of threads dyed with cochineal: i. e., of a deep and bright scarlet color. The color would catch the eye at once, and supplied an obvious token by which the house of Rahab might be distinguished. The use of scarlet in the Levitical rites, especially in those more closely connected with the idea of putting away of sin and its consequences (compare e. g., Lev. 14:4, Lev. 14:6, Lev. 14:51; Num. 19:6), naturally led the fathers, from Clement of Rome onward, to see in this scarlet thread, no less than in the blood of the Passover (Exo 12:7, Exo. 12:13, etc.), an emblem of salvation by the Blood of Christ; a salvation common alike to Christ’s messengers and to those whom they visit.”
Synde dat Ragab by name genoem word in die genealogie van Jesus (Mat. 1:5), is dit van groot belang dat ons sien dat hierdie rooi gedraaide lyn, simbolies gesien, ‘n duidelike heenwysing is na die (simboliese) naelstring van Jesus deur die eeue!
Maar onthou nou – die woordjie beteken presies dieselfde as die woordjie ‘hoop’! Dit wat Ragab gebied het, was die hartklop van hoop vir die mens – die geleentheid om aan die naelstring van Jesus te kan wees, met ander woorde: om uit Hom gebore te kan word. In daardie genealogiese erfdeel lê ons roeping in Christus (Efes. 1:18), en dit sluit dan veral “die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges” in. Dit is hoop! Kol. 1:27 (ASV) noem dit dan gepas: “Christ in you, the hope of glory”. Let wel: dit in nie net Jesus nie, maar die volheid van die Christus word jou hoop.
- Sela: Verduidelik aan iemand wat beteken die woordjie ‘hoop’.
- Lees: 1 Kon. 12-14 en 2 Kron. 10-12
- Memoriseer: 1 Kon. 13:26
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Koring ,Mos en Olie wat in jou moet groei tot die hoop op heerlikheid