Dag 97

 

“This cup is God’s new covenant sealed with my blood, which is poured out for you.” (Luk 22:20, GNB)

Dit is my oortuiging dat miskien die grootste dwaling wat bestaan in die Liggaam van Christus gaan om die verbondsluiting tussen my en God. Dis belangrik dat ons nou vir ‘n paar leringe stilstaan by presies wat die nuwe verbond inhou. 

Die feit dat daar sprake is van twee verbonde, of dan testamente (dieselfde woord in die oorspronklike taal), het meegebring dat die twee verbonde volgens oorlewering vermeng word. Dit is ‘n ou strategie van Satan om dinge met mekaar te fuse, en so afdraaipaaie te skep. “One of the great means by which Satan has succeeded in corrupting the Gospel, has been the blending and the confusing of … the old and new covenants” het James Haldane dit baie raak gesê.

Daar is verskeie Ou-Testamentiese verbonde wat breedweg saam gegroepeer kan word as die Ou Verbond (Rom 9:4; Gal 4:24; Efes 2:12). Daarteenoor staan die Nuwe Verbond, wat Heb 7:22 “’n beter verbond” noem. 

Ons hoef nie weer daarop in te gaan dat deur die val van Adam die ganse mensdom die gevalle staat deelagtig geword het nie. Rom 5:12 spel dit so uit: “Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.” Alle mense het dus “soos Adam die verbond oortree” (Hos 6:7). Daarom sê Paulus dan ook in 1 Kor 15:22 dat elke mens “in Adam sterwe”. Wat presies beteken dit, en wat moet gebeur sodat hierdie “verbond met die dood” (Jes 28:15) opgehef kan word? 

In Heb 9:15 (NAV) staan daar Christus is “die Middelaar van ‘n nuwe verbond. Sy dood het plaasgevind om mense te verlos van die oortredinge wat onder die eerste verbond begaan is, sodat dié wat geroep is, die beloofde ewige erfenis kan ontvang.”

  • Sela:  Vind in die drie gedeeltes hieronder duidelike voorbeelde van verbondsluiting en bedink dit.
  • Lees: Rig 7; Ps 97; Hand 7 
  • Memoriseer: Hand 7:49 
  • Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering oor: Die ou en die nuwe verbond.