Dag 982

 

Every day I’m up against it, my nose rubbed in my shame”

(Ps. 44:15, Message)

 

Uit verskeie standaardbronne oor narcissisme word vermoed die wortel van die geestessiekte narcissisme, is skaamte (“shame”). Gershen Kaufman, in sy boek: The Psychology of Shame: Theory and Treatment of Shame-based Syndromes, skryf die volgende: “Shame is a sickness of the soul. It is the most poignant experience of the self by the self, whether felt in humiliation or cowardice, or in a sense of failure to cope successfully with a challenge. Shame is a wound felt from the inside, dividing us both from ourselves and from one another.”

Uit die slot van die aanhaling kan die kiemsel van narcissme gesien word: dividing.

Skaamte is die onsigbare skadukant van narcissisme. Hierdie toestand word gewoonlik verkry in die kinderjare wanneer die kind iets verkeerd volgens die ouers of gesagfigure doen, of daar iets aan/van die kind is wat nie vir die ouer aanvaarbaar is nie. Die kind word gedwing tot ‘n diep skaamte en maak dan (onderbewustelik) as verdediging ‘n totale oorskatting van hom- of haarself. Hierdie narcissistiese fasade is ‘n poging om die diepgang van skaamte te oorkom en sodoende geensins enige skaamte te ervaar nie.

Aanhoudende verwonding in terme van ‘n kind se gebrek (sê bv ‘n haaslippie), onvermoë (‘n kind van ‘n atletiese ouer wat nie vinnig kan hardloop nie, of die minder begaafde kind van ‘n begaafde ouer, bv), geslag (as die ouers ‘n ander geslag verkies het), fisiese attribute (‘n donker vel, bv), gewoontes (bednatmaak, bv) lei tot toksiese skaamte. Die kind voel hy is ‘n fout en moes nie gewees het nie. (Dit gebeur veral ten opsigte van vergelyking met ander kinders, sibbe of andersins, wat sogenaamd “beter” is as die kind.) Toksiese skaamte kom van gesagsdraers, veral ouers, wat kinders kronies laat sleg voel oor hulself; wat kinders laat voel hul is onwaardig om die ouer se liefde, (fisiese) affeksie en validasie te verkry. Die kind kan dan net in sy verbeelding ‘n beeld van homself skep wat aan die ouers se verwagting voldoen, en binne daardie verbeeldingswêreld leef

Kent A Tompkins, in sy artikel: Narcissistic Traits and Relationship Dynamics, vat dit raak saam: “The narcissist, preoccupied with self-regard and driven by and overwhelming desire to be appreciated, lives with the paradox of hatred turned inward to the self and distorted entitlement fantasies. Thus healing occurs when the narcissist is guided away from the guilt, exhibitionism and arrogance and led toward a resurgence of natural curiosity. For the narcissist, there are two central issues: a. The child’s search for the missing entitlement. b. The sense of being the ‘chosen one’ whose concentration on perfection, power and omnipotence leads to a perfect harmony with God. Narcissists seek out others to confirm or justify exaggerated entitlement fantasies and distortions that the world is deeply indebted to them.”

 

  • Sela: Bid oor die neerslag van skaamte in jou.
  • Lees: 9-12; 2 Kron. 27
  • Memoriseer: 11:1-2
  • Delf dieper: Lees die boek van Kaufman hierbo genoem.