Dag 993-994

 

Every part of Scripture is God-breathed …”

(2 Tim. 3:16a, Msg)

In dié Manna wil ons uitwys dat hierdie kragtige verwysing van Jesus oor die kameel wat deur die oog van ‘n naald moet gaan, dikwels deur taalgoëlery sy krag, en derhalwe ook sy betekenis, ontneem word.

In die voortdurende aanslag van literalistiese Bybellesers wat ten alle koste figuurlike taalgebruik wil rasionaliseer, is ‘n ander probleem met die interpretasies rondom hierdie gedeelte dat daar fout gesoek word met die vertaling uit die grondtale.

Net ‘n sydelingse opmerking oor die wyer saak ten grondslag. Baie dikwels word sekere interpretasies van problematiese Bybelgedeeltes gebaseer op moontlike foute in die vertaling. Op die webwerf, Freethought Debater, met die motto: “Resources for America’s Atheists”, word in ‘n artikel getiteld ‘Bible Errors and Contradictions’ die volgende oor die saak gesê: “Bible debates, perhaps more than any other debate topic, can become lost in endless details of interpretation and subtle questions of translation. It can easily seem that to get into the debate at all requires one to be a Biblical scholar. Fortunately, this is not the case, particularly when dealing with fundamentalists who claim that the Bible is free of error and contradiction.The claim of Biblical inerrancy puts the Christian in the position of not just claiming that the original Bible was free of error (and, remember, none of the original autograph manuscripts exist) but that their modern version of the Bible is the end result of an error-free history of copying and translation beginning with the originals.”

Ja, duidelik is daar ‘n groot hoeveelheid oënskynlike teenstrydighede in die Bybel. En ja, daar is vrae oor die menslike feilbaarheid van monnike en skribas in die oorskryf van tekste (soos die perabuise uitlaat van die woordjie “not” in Eks. 20:14 in die King James Bible van 1631, wat dit toe maak: “Thou shalt commit adultery.” J). En daar is natuurlik sekere vertalings van die Bybel wat minder betroubaar is as ander. MAAR, ek gaan hier absoluut akkoord met wat Grant R. Jeffrey in sy boek, The Handwriting of God, oor die betroubaarheid van die Bybel sê: “the very survival of the Bible in the face of the greatest persecution and cencorship over thousands of years is inexplicable unless God preserved this book as His inspired gospel of salvation through the blood of Jesus Christ” (p. 16).

Die woordjie “preserved” is vir my die sleutelwoord hier. Die FreeDictionary verklaar dit soos volg: “To maintain in safety from injury, peril, or harm; protect. To keep in perfect or unaltered condition; maintain unchanged. To prepare for future use … To prevent … from decaying or spoiling. To keep or protect …” Amen. Ten spyte van die menslike vingerafdrukke en bekladdinge in die oorlewering van die Boek van God het Hy daarin iets VOLLEDIG wonderbaarliks behoue laat bly. Daar is ‘n Goddelike bonatuurlikheid wat in en deur “die woorde van God” (Rom. 3:2) manifesteer – dit is bepaald nie net ‘n taaldokument nie, maar “‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo” (Rom. 1:16).

Om hierdie rede proklameer Jes.40:8 – “Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.” Lees die verwysing na gras en blom hier bepaald ook as ‘n metaforiese verwysing na die mens se tydelikheid:

 

  • “Die mens—soos die gras is sy dae; soos ‘n blom van die veld, so bloei hy.” (Ps. 103:15)
  • “Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? —“ (Jes. 51:12)
  • “Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.” (1 Pet. 1:24-25).

 

Die ironie van dit alles is – die Woord van God oorleef al sy kritici.

Terug by die opgetekende verhaal van die ryk, jong man in Lukas 18, en spesifiek die beeld in vers 25: “Want dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan” en die hermeneutiese taalmaneuvers wat geleerdes daarmee uitgevoer. Daar is persone wat meen dat dit ‘n foutiewe vertaling in die Grieks is deurdat die woordjie kamilos (kameel) gebruik is in plaas van die woordjie kamêlos, wat ‘tou’ beteken. Dit sou dan soos volg lees: ‘dit is makliker vir ‘n tou om deur die oog van ‘n naald te gaan’. Alhoewel makliker, is dit nog steeds onmoontlik om dit te doen, en derhalwe ‘n onnodige argument.

Die taalguru George M Lamsa beweer in sy vertaling: The New Testament according to the Eastern Text die probleem lê in die feit dat die woordjie ‘gamla’ in Aramees beide ‘tou’ én ‘kameel’ beteken. Gegewe dat die meeste toue indertyd van gevlegte kameelhaar gemaak is, maak dit ‘n waarskynlike antwoord, meen hy.

Ook hierdie argument is geloofbaar, maar waarom wil hierdie geleerdes ten alle koste die kameel uit die vergelyking haal? Dít terwyl die Joodse rabbi’s dikwels die beeld van die kameel in terme van die naald gebruik het! Een so ‘n voorbeeld uit die Joodse midrash-rekords (opgeteken in die Midrash Rabbah, ‘The Song of Songs’ 5.3) maak dit ‘n bekende vergelykingspaar in die Hebreeuse denkraamwerk: “The Holy One said, open for me a door as big as a needle’s eye and I will open for you a door through which may enter … camels].” (Uit laasgenoemde kan ‘n mens duidelik ook dan “die uitnemende rykdom van sy genade” – Efes. 2:7 besef, wat nommerpas aansluit by Jesus se antwoord aan die dissipels in die onderhawige gedeelte toe hul vra: “Wie kan dan gered word?”, en Hy antwoord: “Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.”)

‘n Laaste tipe argument wat dikwels gebruik word om die hiperbool te verduidelik, is om kultureel na die Jode se verwysingsraamwerk te kyk. Jesus se toehoorders, so beweer hulle, het geglo dat rykdom en welvarendheid ‘n teken van God se seëning op jou lewe is. ook dat die kameel kultureel rykdom beteken het (Gen. 12:16; 24:35; 30:43; 32:15; Job 1:3; 42:12). Hul argument is dat as iemand ryk is (soos die ryk jong man), móét hy dus ipso facto in geregtigheid loop. Om hóm derhalwe toegang tot die koninkryk te ontsê, beteken hul ganse raamwerk wat hul van God verstaan, is besig om te disintegreer. En dan is dit eweneens duidelik dat hulle verdwaasd uitroep:  “Wie kan dan gered word?”

Maar hierdie is ook nie ‘n geldige argument nie, en gegrond op blote oorlewering. Die Skrifte wemel van ryk, maar ongeregtige persone. ‘n Enkele vers, Spr. 13:22, weerlê hierdie argument ten volle: “the wealth of the sinner is laid up for the righteous”.

Ons met dringend kyk na die ontvouing van hierdie saak, veral in die lig van ook Jak. 5:1-3 se ernstige waarskuwing: “Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en sal soos ‘n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.”

 

  • Sela: Besef die gevaar as ‘n mens goedsmoeds enige interpretasie van Bybelgedeeltes aanvaar.
  • Lees: 31-35
  • Memoriseer: 33:15 (Bring in verband met die Skrif uit Jak. 3 in die laaste paragraaf.)
  • Delf dieper: Lees een van die boeke wat hierbo genoem word.