Day 133

 

“And Simon answering said unto him, Master, we have toiled all the night, and have taken nothing: nevertheless at thy rhema I will let down the net.” (Luk 5:5, KJV)

Die vierde wyse waarop die Skrif gelees kan word, word meer duidelik as ‘n mens kan verduidelik dat dit wat in ons Afrikaanse Bybel as “Woord/woord” vertaal word, in Grieks twee betekenisse het: logos en rhema. Logos word algemeen beskou as die geskrewe woord, terwyl rhema op twee dinge dui: dit wat iemand onder leiding van die Heilige Gees spreek (soos profesie, bv), of dit wat die Heilige Gees op ‘n persoonlike vlak uit Skrif laat helder word.

Ons wil vandag fokus op dit wat dan vry algemeen ‘n rema-woord genoem word – dit is beginsel om die Skrif onder leiding van die Heilige Gees te kan lees en dan uit die gedeelte ‘n persoonlike woord te kan kry, los van die konteks waarbinne dit voorkom wat op jou situasie van toepassing is. Dis net vir jou en vir jou ‘n persoonlike bevestiging. Rema is die Woord wat die Gees van God spreek/uitlig in die bestudering van die geskrewe woord (die logos). Dit is die persoonlike openbaring wat God gee aan ‘n persoon dat hy dit op ‘n persoonlike vlak van toepassing kan maak.    

Dis belangrik om te weet dat die rema-woord nooit in stryd met die logos-woord mag wees nie. Baie van die probleme wat gelowiges het met die feit dat die beloftes van God nie vir hulle realiseer nie, lê in die verskil tussen logos en rema. Jy kan die Woord as logos “claim” tot jy blou is, dit sal niks noodwendig laat realiseer nie. Joh 6:63 spel dit mooi uit: “It is the spirit that quickeneth; the flesh profiteth nothing: the rhemas that I speak unto you, they are spirit, and they are life.”  Wanneer jy dus die swaard van die gees (Efes 6:17) opneem, mag jy net die rhema van God gebruik, anders gebruik jy die swaard van die Woord as logos, en bedien jy dood, soos die dissipel van Jesus ‘n teenstander van Jesus se oor afgekap het (Mat 26:51) met sy swaard, verhinder jy dat die persoon na die konfrontasie kan hoor.

‘n Praktiese demonstrasie van bogenoemde leesmodusse: kom ons gebruik Luk 5:5 hierbo. Jy kan eerstens  hierdie gedeelte lees en verstaan as ‘n daadwerklike gebeurtenis wat plaasgevind het so om en by 30 n.C. Maar in die tweede plek kan jy hieruit ‘n lewensles maak, dat God dikwels van mens laterale denke vereis in die oplossing van ‘n probleem, of dat gehoorsaamheid aan sy Stem sal lei tot jou voorsiening. In die derde plek sal jy hierdie Skrifgedeelte onmiddellik verbind aan die ander geval waar die dissipels nie vis gevang het nie en Jesus hulle gesê het om weer aan die ander kant in te gooi (Joh 21:6). Hier begin jy nou ‘n bepaalde patroon raaklees, wat kan dui op ‘n dieperliggende geestelike realiteit. As jy nou gaan soek, is dit interessant dat die getal van 153 visse gespesifiseer word (vers 11), wat volgens gematria dui op “die seuns van God” (Rom 8: 19). Vierdens kan jy dit ontvang as ‘n spesifieke persoonlike woord oor ‘n moeilike situasie waaroor jy gebid het, en  waar dit vir jou ‘n persoonlike betekenis verkry (bv doen presies die teenoorgestelde as wat jy aanvanklik gedoen het).

  • Sela:  Lees Jes 53 op al vier hierdie eksegetiese wyses.
  • Lees: 1 Sam 19; Ps 141; Luk 16
  • Memoriseer:  Luk 16:10-11
  • Vir dieper delf: Lees hfst 16 in Hanegraaff se Christianity in crisis vir ‘n verduideliking van metode 1 en 2. Wees maar bedag op die suurdeeg van sy kritiese gees wat baie versuur.