“And she … laid Him in a manger, because there was no room for them in the inn.” (Luke 2:6b-7)
bruikleen
(tom gouws)
en murmureer ek oor my gebrek,
sien ek Hy, en sy ganse lewe, is
in durende bruikleen voltrek
sonder weifeling het die God van die heelal
knus tussen vuil hooimied en koeimis
sy Seun laat gebore word in ‘n geleende stal
onder die skare se luide feesgejubel
ry Hy jerusalem binne, salig bewus
dis op ‘n geleende donkievul
Hy swerf rond as gewillige wandelaar
deur vissersdorp, woestyn en wildernis,
sonder bagasie, vir drie-en-dertig jaar
die jakkalse het gate, kon Hy sê
alle voëls het hul neste om in te rus,
maar Ek het geen plek om my kop neer te lê
met wynsuipers en vrate deel Hy sonder gewete
Hy gebruik ‘n seuntjie se laaste broodjies en vis
voorbarig vra Hy ‘n tollenaar vir ietsie te ete
selfs met belasting bly Hy in gebrek
en vra platsak petrus om by die kus
‘n muntstuk te skuil uit ‘n vis se bek
op geleende tyd, vrywillig verguis,
word Hy sonder skuldbelydenis
vasgeslaan aan iemand anders se kruis
selfs die grot waarin sy gebreekte lyf
gelê word in die dood se uterus
is geleen vir die tydelike verblyf
los van als wat jy moet toegrendel en diefdig
sluit, weet ek: besit neem jou in hegtenis
los van mot en roes leer loop ek lig
- Sela: In the light of the poem, pray and think about Job 1:21.
- Read: 2 Chr 20; Job 18; Rev 22
- Memorise: Rev 22:1-5
- For a deeper understanding: Read Henri J.M. Nouwen’s Can you drink the cup?