Ek ontvang dikwels boodskappe met ‘n godsdienstige inhoud, maar my probleem is die stertjie wat dikwels aangeheg word: Stuur aan 10 mense, ‘of iets sleg sal met jou gebeur’, of ‘jy het Jesus nie lief nie’, of ‘sien watter seëninge/miljoene ponde/siektes jy sal kry. Is daar enigsins waarheid in?

 

BYBELBAAK 105

 

In die ou dae is hierdie tipe verskynsel ‘n kettingbrief genoem, en ons kan die nou seker ‘n ketting-sms of ketting–WA of ketting–e-pos noem. Ek noem dit geestelike foppos. Die doel daarvan is om nie die ketting te verbreek nie, en eintlik die kettings van aanstuur vorentoe te vermeerder. Soms vra die senders dat jy dit na hulle terugstuur om te bewys jy het dit gedoen het, of jou vriendskap aan hulle te bewys, of hulle dreig jou met nare gevolge as jy die ketting durf breek. Daar is Christene wat aan sulke versoeke voldoen, hoofsaaklik uit bygelowigheid, vrees of gierigheid, of dikwels as skatpligtigheid teenoor die sender, of teenoor God. Daar is egter geen vloek wat oor jou gaan kom as jy dit nie aanstuur nie, weliswaar nog minder ‘n seëning. Christene se desperate aksies as hul gevra word om te bid of geld te stuur of ‘n kettinggebed te doen, is die meeste van die tye ‘n vleeslike appél en aksie tot dooie werke, met ander woorde geestelike aksies wat nié deur die Gees van God gelei is nie. Heb. 9:14 maak dit duidelik dat ons gewete gereinig moet word van die dooie werke wat ons dink die lewende God dien. Die Message-vertaling praat in Acts 14:15 van “silly god-superstitions”. God word nie gemanipuleer op hierdie wyse nie; en as jy die kettingboodskap delete, gaan daar baie beslis nie skielik môre ‘n tiet op jou voorkop verskyn nie.

Dr. Tom Gouws