
Sondag diens – “Want U laat my lamp skyn en my duisternis opklaar.”
Hou julle kalender oop vir`n ontmoeting tussen die bome. Ons is opgewonde om julle uit te nooi na ons eerste buitelug diens komende Sondagoggend. Pak ‘n piekniek mandjie vir jou gesin en bring ‘n kombers of kampstoel (daar sal ook plastiekstoele wees). Nooi gerus familie en vriende om hierdie byeenkoms by te woon.
Prediker: Briers Uys
Lofprysing: Liani Reynolds
Datum: 1 November 2020.
Tyd: 09:30 – 12:00.
Adres: 100 Wattle Crescent Die Wilgers.
