BYBELBAAK 55
Daar is volgens Rom. 12:2 drie verskillende vlakke van God se wil: die goeie wil, die welgevallige wil en die volmaakte wil van God. Allereers is daar die goeie wil van God – die reën van God se goedheid wat oor die gelowiges en die ongelowiges val (Matt. 5:45). Dit wat goed is, ontvang iedereen, gered of ongered, in elk geval uit God se hand (Jak. 1:17). Vir hulle wat gered en wedergebore is, die kinders en die seuns van God, manifesteer die welgevallige (“acceptable”) wil van God. Dit is “useful … agreeable” (Thayer). Hierbinne word jou wandel gekenmerk aan ‘n eb en vloei van goeie en slegte gebeurtenisse, afhangende van jou gehoorsaamheid. Maar dit is net as jy deel is van die Bruid van Christus, dat jy kan beweeg in die volmaakte wil van God – hier vind ons die volwasse mens van die allerheiligste geloof. Dis net dié een wat in gees en waarheid (= realiteit) beweeg, van wie Heb. 13:21 waar word: “(he is) perfect in every good work to do His will …” Joh. 5:30 in die Amplified Bible vat dit in die woorde van Jesus die raakste saam: “I am able to do nothing from Myself [independently, of My own accord–but only as I am taught by God and as I get His orders]. Even as I hear, I judge [I decide as I am bidden to decide. As the voice comes to Me, so I give a decision], and My judgment is right (just, righteous), because I do not seek or consult My own will [I have no desire to do what is pleasing to Myself, My own aim, My own purpose] but only the will and pleasure of the Father Who sent Me.” Hierdie vlak van funksionering is dié van die “perfekte mens”. Die perfekte mens? Hier op die gevalle aarde die volmaakte mens? Ja, Matt. 5:48 eis dit: “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.” En Paulus sê in Fil. 3:15: “Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees …”! En in Kol 4:12: “dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God”. Volmaak? In God se oë bepaald, ja. Want “volmaak” hier beteken, volgens Thayer: “perfect brought to its end, finished … full grown, adult, of full age, mature”!
Dr. Tom Gouws