Hoekom praat ons van ‘n Drie-eenheid, terwyl die Bybel sê God is net Een? En watter implikasies het dit?

BYBELBAAK 53

 Die leer van die Drie-eenheid word dikwels as ononderhandelbaar voorgehou. Laat ons begin deur te sê dat die begrip “Drie-eenheid” nêrens in die Skrif gebruik word nie. Trouens, dit word eksplisiet gestel in Deut. 6:4 – “Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE.” The Jewish Publication Society Bible vertaal dit soos volg: “HEAR, O ISRAEL: THE LORD OUR GOD, THE LORD IS ONE.” Selfs wanneer Jesus hierdie vraag moet beantwoord, is dit onteenseglik duidelik: “een van die skrifgeleerdes vra vir Hom: Wat is die eerste gebod van almal? En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is ‘n enige Here” (Mark. 12:28-29). Drie-eenheid is bloot ‘n foutiewe term wat teologies gebruik word as ‘n poging om die wesensaard van die generatiewe Godheid te beskryf. In Gen. 1:1 moet die eienaam God na regte vertaal word met Elohim – dit is ‘n naamwoord in die meervoud en beteken ‘meer as een God’, of letterlik ‘Gode’. The Complete WordStudy Dictionary verklaar dit soos volg: “A masculine plural noun meaning God, gods, judges, angels. Occurring more than 2,600 times in the Old Testament, this word commonly designates the one true God.” Dis belangrik om te verstaan dat God in sy Wese enig/alleen en derhalwe eensaam is. Daarom is dit so opvallend dat van alle moontlike name wat God vir Homself kan kies, kies Hy die naam “Vader” (2 Sam. 4:17). Die naam Vader impliseer noodwendig nageslag en verhouding. Daarom kom die versgedeelte oor Jesus wat “begotten” is (Joh. 3:16) nie minder nie nie as vyf keer in die Skrif voor: “Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.” (Ps. 2:7; Hand 13:33; Heb 1:5 en 5:5) en wys die twee Figure uit as Jehova-God en sy Seun Jesus in wie albei die Gees Van God is. Voor tyd en skepping bestaan het, het die Enige God ‘n besluit geneem en in Homself ingebuig en uit sy Wese self ‘n Seun gebaar/voortgebring/ (Joh 1:18). God het ‘n Seun “gegenereer”, vir een baie belangrike rede – “Hy het ‘n (na)geslag van God gesoek” (Mal. 2:15)! Kortom gestel: God as ENIGE HERE is steeds die Enigste Waarheid, maar die Een-heid het ‘n Seun gebaar wat presies is soos Hy is en só ‘n nageslag vir Hom bewerk, wat presies is soos Hy. God se droom, in ewigheid reeds, is ‘n “na-kroos” (Jes 53:10). God het besluit Hy sal ‘n nageslag na sy Beeld voortbring “wat sal handel soos dit in my hart en in my siel is” (1 Sam. 2:35). Die godsdienstiges van sy tyd het Jesus veroordeel “omdat U wat ‘n mens is, Uself God maak”. Jesus antwoord hulle in die volgende vers dat daar in die wet geskrywe is: “Ek het gesê, julle is gode.” Hy benadruk dan: “die Skrif kan nie gebreek word nie”, dus is dit ook van toepassing op elkeen wat wedergebore is uit die Seun – ons is deel van die Elohim.

Dr. Tom Gouws