Is die Dawidster kosher?

 

BYBELBAAK 108

 

Die woordjie ‘kosher’ kom uit die Ou-Testamentiese dieetwette en dui oorspronklik op die voedselsoorte wat die Jode kan eet. In Afrikaans word dit ‘kosjer’ of ‘kousjer’ gespel, en beteken dan ook wyer idiomaties “betroubaar, eg, korrek”. Die dawidster is die bekendste simbool van die jodedom, ‘n asuurblou heksagram van twee gelyksydige driehoeke wat oormekaar geplaas is om ‘n ster te vorm, soos ons dit ook op die vlag van Israel ken. Jode noem dit die skild van Dawid (die “Magen David”). In die Joodse gebedeboek, die Siddoer, o.a. in die Amida-gebed, word die legende poëties verdig dat toe Dawid in ‘n grot vir Saul weggekruip het, ‘n spinnekop oor die mondgrot ‘n weefsel gespin het waarin die dawidster in die middel ingeweef was. Saul het op grond daarvan toe nie die grot binnegegaan nie, en Dawid se lewe is so gered. Maar dis eers in die vyftiende eeu n.C. dat deur die propaganda van die mistikus Izaak Loeria dat die Jode se geliefde simbool, die menora of sewevoudige kandelaar, grootliks deur die dawidster vervang is. In die okkultiese onderwêreld staan die dawidster ook bekend as die seël van Salomo, die teken wat op ‘n (mitiese) ring van Salomo was, en wat aan hom bonatuurlike magte en krag verleen het nádat sy hart deur sy duisend uitheemse vroue tot afgodediens verlei is (1Kon. 11:4-9), veral ná sy huwelik met die Farao se dogter in 922 v.C.. Sommige geskiedskrywers koppel die dawidster ook aan Hiram Abib, een van die meesterbouers van Salomo se tempel en ander ekstensiewe bouwerk, en die verbond wat hulle gesluit het (1Kon. 5:12), volgens sommige bronne die oorsprong van die Vrymesselary. In Hand. 7:42-43 verwys Stephanus na Amos 5:26-27 waarin hy die Israeliete beskuldig van die aanbidding van “die ster van julle god Remfan”, wat bes moontlik dui op die okkultiese stergod Saturnus (waar ons weeksdag Saterdag se naam ook vandaan kom en as simbool die twee driehoeke het). Daar is geen enkele verwysing na die dawidster in die ganse Bybel nie, en dit was streng gesproke vir 2600 jaar nêrens aan Judaïsme gekoppel nie, totdat Mayer Rothchild in die 1800’s in Duitsland dit op sy familiewapen geplaas het. Die Rothchilds is die belangrikste leierfamilie in die Illuminatie-groepering, ‘n naam vir ‘n komplekse netwerk van okkultiese magshebbers wat beheer oor die wêreld as doel het. In 1873, a.g.v. skatpligtigheid aan die sterk finansiële subsidiëring van die agenda om Israel as onafhanklike staat te kry, is die familiewapen van die Rotschilds as die vlag van Israel aanvaar. Is die dawidster dus kosjer? Ek meen nee – dit is duidelik nie onverbonde en suiwer nie.

Dr. Tom Gouws