Moet ons vandag steeds die Joodse feeste vier?

BYBELBAAK 40

God se kalender van “holy days” (waar die woord ‘holidays’ vandaan kom), gee gestalte aan ‘n Goddelike bloudruk, ‘n skedule waarop die mens ingestem kan word op God se ewige plan. Elke fees is presies op die regte tyd, as ‘t ware: “the voice of my beloved knocks” (Song of Songs 5:4)! In Kol. 2:16-17 skryf Paulus egter dat die feeste die skaduwee was van die dinge wat in en deur die Messias vervul is. AL die feeste se “appointed times” is dus reeds vervul. Daar is tans by baie gelowiges ‘n nuwe Joodse akkulturasie, wat weer reeds vervulde feeste volgens die Ou-Testamentiese voorskrifte wil vier. Dit is verkeerd. In Gal. 4:9-11 vermaan Paulus: “maar nou dat julle God ken … hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae en maande en tye en jare waar. Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.” Kol. 2:16-17 spel dit onomwonde helder en duidelik uit: “Laat niemand julle dan oordeel … met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.” Die feeste is bloot ‘n skaduwee, soos Thayer dit stel: “shade caused by the interception of light; an image cast by an object and representing the form of that object”. DIE WAARAGTIGE LIG HET EGTER REEDS GEKOM (Joh. 1:9). Die Jode se lunêre (maan-) kalender is ‘n heenwysing na Jesus Christus se voltooide tydsdans met die mensdom – “a dance of grace” en kan bloot gedenk word, maar hoef GEENSINS meer hérdenk te word nie.

Dr. Tom Gouws