BYBELBAAK 46
Lees dalk eers Luk. 16:1-13 om die trant van die gesprek te kry. Daar is duidelike vertelstrategieë wat leiding met die interpretasie van die gelykenis moet verskaf: Jesus noem hierdie hoofkarakter eksplisiet “die onregverdige bestuurder” (vers 8). Dit is ‘n baie spesifieke taksering wat saamhang met sy verklewing aan “die onregverdige mammon” (verse 9 en 11). Hierdie parallelisme, wat drie keer voorkom, maak dit die sterkste gelyksoortige frase in die gelykenis. Alhoewel die baas van die onregverdige bestuurder hom “prys” (= “commend”), beteken dit nie hy (die baas) is gelyk te stel aan God nie, en sy taksering is eweneens nie Jesus se taksering nie, nee! Binne die “generasie” (vers 8) is daar soveel perversie, dat baas én kneg se handeling en denke daardeur beïnvloed word. Hierdie bestuurder het gewheel en deal: “to take part in clever (but sometimes dishonest or immoral) business deals” (The Free Dictionary); “To manipulate a situation to your advantage using crafty means.” (Urban Dictionary). Die gelykenis eindig met vers 8, en Jesus begin die verklaring van die gelykenis in vers 9. Die vers wat jy aanhaal, is die mees problematiese. Wat bykans alle kommentators hier miskyk, is Jesus se stylgreep van sarkasme. Hy sê in ander woorde – as jy soos die kinders van die wêreld wil handel, wees dan gereed om die oneerlike pad van swendelary tot aan die einde te loop, sodat jy dan ontvang kan word in die ewige poorte van verdoemenis. Ons weet teen hierdie stadium dit bepaald nié die hel is nie, maar “dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien”, soos Rom. 1:32 dit in ‘n ander konteks stel. Vers 9 is nie ‘n imperatief of opdrag van Jesus nie, maar duidelik tog ‘n waarskuwing! AS jy vir jou vriende maak deur die onregverdige mammon, SAL jy noodwendig aan hom verkleef bly tot in ewigheid, staan daar letterlik. Die raaksien van die ironiserende sarkasme hier sou veral parafraseerders kon help om nie hierdie vers totaal te verkrag en vals woorde in Jesus se mond te lê nie. Kyk na die gekkigheid van byvoorbeeld die CEV-vertaling: “My disciples, I tell you to use wicked wealth to make friends for yourselves.” Ook die Message se vertaling is totaal uit wans uit met Jesus se karakter: “I want you to be smart in the same way–but for what is right–using every adversity to stimulate you to creative survival … so you’ll live, really live.” Die Woord van God staan vas rondom integriteit in besigheid: Jer. 17:11 – “As a partridge that hatches eggs which it has not laid, So is he who makes a fortune, but unjustly; In the midst of his days it will forsake him, And in the end he will be a fool.”
Dr. Tom Gouws