BYBELBAAK 16
Sommige lekkerbekvertalings, soos die Bible in Basic English en The Message, vertaal die vers uit die Calvinistiese oogpunt dat dit op redding dui, en dat redding net vir sekere mense bedoel is: “For out of all to whom the good news has come, only a small number will get salvation.” (BBE). En: “That’s what I mean when I say, ‘Many get invited; only a few make it.'” (MSG). Dit is egter totaal misleidend. Wat die tradionele kerkleer “Unconditional Election” noem, is uitverkiesing nié ‘n begrip wat enigsins ten opsigte van redding gebruik kan word nie, want “die reddende genade van God het aan ALLE mense verskyn” (Tit. 2:11). Die uitverkiesing het slegs met die Bruid te make, diégene wat kies om in hul skeppingsdoel en hoë roeping te loop. Die uitverkorenes, of oorblyfsel (“remnant”), is ingeskryf in die boek van die lewe – daardie Boek se naam is Jesus die Christus. Maar dis wel moontlik dat jou naam uit daardie boek uitgevee kan word (Op. 3:5) as jy nie jou roeping vervul nie. Dít beteken nie dat jy jou redding ook verloor nie. Uitverkorenheid het egter niks met redding te doen nie, alhoewel redding (= ook jou keuse, Joh. 1:12) die voorvereiste is dat jy jou uitverkorenheid kan identifiseer as “a divinely implanted, sense of a purpose working through the ages” (Pred. 3:11, AMP). Roeping word eenvoudig verduidelik in Rom. 8:28 – daar is spesifieke persone “wat na sy voorneme geroep is”. Die begrip ‘voorneme’ is in Grieks die woordjie prothesis, wat onder andere beteken: “a setting forth of a thing, placing of it in view”, en kom van die wortelwoord wat letterlik beteken: om voor (die) tyd geposisioneer te word! God roep (Rom. 9:11; 1 Pet. 5:10), en die mens antwoord deur te kies (Deut. 30:19; Ps 119:173; Spr. 1:29 ). Duidelik kan hierdie roeping nét aan uitverkiesing gekoppel word as ‘n persoon op die roep(ing) antwoord! Die Bruid is “van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid, waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.” (2 Thes. 2:13-14). Die Bruid is dus “uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader” (1 Pet. 1:2). Dus – baie is geroep, maar min is helaas uitverkies, want hulle het nie God se roeping oor hul lewe gekies nie.
Dr. Tom Gouws