“Wat beteken Spreuke 8 se stelling, dat Jesus tydens die skepping voor die aangesig van God gespeel het?”

BYBELBAAK 197

Ek beskou hierdie oomblik waar Jesus “speel voor die aangesig van God” as een van die belangrikste eienskappe van ons roeping vandag (Spr. 8:30). Hierdie woord speel, kom van die hebreeuse woord “śâchaq” af wat daarop dui, om te lag of dans, maar meer spesifiek om vreugde te ervaar. Hierdie vreugde dui nie op `n geforseerde aangeplakte glimlag nie, maar om `n “vrede” te hê oor waar jy jouself tans in jou lewe bevind. Vreugde en vrede is nie net `n emosie van die hart nie, maar word primêr gesien as `n vrug van die Gees (Gal. 5:22). Dis `n verskyning van die lewende God in jou midde, die fondasie waarop jou verhouding met Hom gebou word! Ek vind wel dat gelowiges se grootste struikelblok `n vreugdelose hart is, wat uiteindelik lei tot `n verbittering (Heb. 3:15).

In die verhaal van Simson verloor hy sy krag (Rig. 16:20) en word hy as `n gevangene weggevoer waar sy oë uitgesteek word en hy met koperkettings gebind word (Rig. 16:21). Te midde van hierdie ondraaglike omstandighede, het Simson tussen die pilare, voor die Filistyne begin “speel” (Rig. 16:25). Simson het God begin prys vir hierdie verraad en pyn, sy vreugde is weer herstel en daardeur sy krag; soos die bekende skrif sê, “for the joy of the LORD is your strength” (Neh. 8:10). Die dieperliggende geheimenis soos Spreuke 8 dit noem, lê wel gesetel in die feit dat jy soos Jesus “altyd” moet kan speel! Ware vreugde het in Hom kom woon en het iets blywends in Hom geword. Ons moet verstaan dat jou bruidskap in Hom bepaal word deur die mate wat jy altyddeur kan “speel” (Gen. 26:8). Hierdie gesindheid van die hart waar ons God kan prys te midde van die gevangeneskap waarin ons vasgevang is, word die getuienis wat tot die wêreld sal spreek.

Daniël Gouws / Marina Rheeders
New Earth Ministry 0741914747