Wat presies behels die inseëning van babas?

BYBELBAAK 10

Inseëning van babas is ‘n praktyk in die Pinkster- en Charismatiese beweging waarin babas in plaas van gedoop word eerder ‘ingeseën’ word. Hierdie is nie ‘n Bybelse praktyk nie, alhoewel Jesus wel kindertjies geseën het (Mark. 10:16), en gelowiges in elk geval geroep is om andere te seën (1 Pet. 3:9) – maar dis nie inseën tot iets/die Liggaam, of wat ook al, nie. Kinders kan aan God gewy word, soos byvoorbeeld Hannah vir Samuel aan God toegewy het, maar dit is iets anders as wat ouers met inseëning wil doen. Kinders van gelowige ouers is in elk geval geheilig (1 Kor. 7:14) en hoef nie formeel ingeseën te word nie. Tog kan dit ‘n mooi geleentheid word waar ouers, grootouers, familie en vriende die nuweling verwelkom as deel van die geseëndes van die Here (Gen. 26:29; Matt. 25:34).

Dr. Tom Gouws