Dag 1163-1164

 

“julle sterflike liggame …”

(Rom. 8:11, OAV)

 

Noudat ons die begrip ‘buitenste duisternis’ in die gelykenisse duidelik verstaan, lê dit die fondasie vir ‘n ontvouing van ons bestaande openbaring oor wat presies gebeur het met die val van die mens in die paradys.

Ons het nou al soveel keer in detail gekyk na die geskiedenis van die eerste mense in die tuin van Eden, maar hierdie geskiedenis blý ontvou. Mens en Mannin in die Tuin van Eden, het ’n keuse – hulle het die reg om te kies tussen enersyds die Boom van die Lewe (tesame met die ander bome in die paradys) en andersyds die Boom van Kennis van Goed en Kwaad. Gen. 2:166-17 spel dit só uit: “En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe! Adam het 930 jaar verder gelewe ná die sondeval, dus was hierdie sterfte nie fisies die dood van Adam se liggaam nie.

Dit kon ook nie Adam se sielsdimensie (sy wil, intellek en emosies) wees wat “op die dag” gesterf het nie, want Adam was ná die sondeval nie ‘n zombie nie – hy het ten opsigte van al die fasette van die lewe normaal gefunksioneer. Ons weet Mens is na die beeld van God geskape (Gen. 1:27), en is derhalwe primêr ‘n geeswese, want God is gees (Joh. 4:24). Ons kan dus sonder vrees vir teenspraak sê Adam en Eva se gees het gesterf of dormant geword. Hulle het die vermoë verloor om God te kan ken en met Hom te wandel in die aandwind (Gen.3:8).

Maar, anders as die Mens wat ook – soos God – gees was, woon die mensdom vandag in fisiese liggame. Die Skrif noem dit ook “sterflike liggame”, soos in die volgende verse:

  • “Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.” (Rom. 6:12)
  • “En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees in wat julle woon.” (Rom. 8:11)

Ons moet verstaan dat vóór die sondeval, die mens nie aan sterflikheid onderworpe was nie. God het immers gesê dat terwyl alleen geëet word van die Boom van die Lewe sal niemand sterf nie. Eers met die eet van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad het die mens sterflik geword. “Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie.” (Gen. 3:22) Na die sondeval leef Adam en Eva dus nie meer in die “ewigheid” nie, maar in die sterflikheid!

Maar wat is sterflikheid? Die woordeboekdefinisie beskryf dit as: “The action or fact of dying or being killed; the end of the life of a person or organism.” Dit is dus duidelik dat dood direk in verband gebring moet word met tyd. Dood is derhalwe enigiets wat lewe, maar wie/wat se bestaan tot ‘n einde kom na verloop van tyd. ‘n Ander definisie kan wees: Enige lewe, uitgedruk as n faktor van tyd). Met ander woorde iemand/iets wie se lewe nie ewig is nie, maar tydelik.

Met dít vas, is die volgende Skrif baie, baie belangrik: “While we look not at the things which are seen, but at the things which are not seen: for the things which are seen are temporal; but the things which are not seen are eternal. (2 Kor. 4:18, KJV). Die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. Sela.

Volgens Strong beteken “Temporal”: “for the occasion only, that is, temporary: – dur[eth] for awhile, endure for a time, for a season, temporal.”

Daarom is die ewige, onsterflike God, ook ipso facto onsigbaar: “Now unto the King eternal, immortal, invisible, the only wise God, be honour and glory for ever and ever. Amen.” (1 Tim. 1:17, KJV).

Met ander woorde as Mens en Mannin nie sterflikheid deelagtig was terwyl hulle alleen van die Boom van die (ewige) lewe geëet het nie, moes hul na aanleiding van hierdie Skrif onteenseglik onsigbaar gewees het! Na die sondeval, toe hulle “sekerlik sterwe”, en hulle dus sterflike, tydelike wesens word, word hul sigbaar. Hul verkry sigbare, fisiese, “sterflike liggame”.

Nou word Gen. 3:21 baie meer duidelik: “En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.” Benewens dat Mens en Mannin se naam verander na Adam en Eva, dus hul identiteit het verander, het hul toestand ook verander. Die grootste verandering wat plaasvind, benewens hul gees wat sterf en dat hul uit die Tuin van Eden uitgedryf word, is dat God hul met vel beklee. Hulle word dus beklee met fisiese,  SIGBARE, tydelike, sterflike liggame! Vers 22 spel die implikasie van hulle gevalle menslike toestand nou mooi uit: “Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!” “Mens” lewe nie meer in ewigheid/onsigbaarheid nie! God stuur hul uit die Tuin van Eden, soos verse 23 en 24 sê: “Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.”

In Manna Dag 1155-1156 is die begrip “Ooste” (qedem /qêdmâh) deeglik deurtrap. Ons het verduidelik dat dit onder andere verklaar word as “voortyd”, of dan logieser: “’n ander realiteit”. Die Ooste dui derhalwe in hierdie geval nie ‘n rigting of geografiese posisie nie, maar dit is ‘n verwysing na die tuin se posisie in die voortyd, oftewel, in die ewigheid.

Mens en Mannin (nou as Adam en Eva) het dus uit die Ooste/ewigheid/voortyd geval. Hulle het uit hul ewige woonplek, naamlik die Tuin van Eden, geval. Deut. 33:27 – “Die ewige (“qêdmâh”) God is ‘n woning, en onder—ewige arms …” ‘n Mens sou dus bogenoemde Skrif vergelykenerwys ook soos volg kon vertaal:

  • “die God van die Ooste, is ‘n woning!”
  • “die God van die Voortyd, is ‘n woning!”

 Uit hierdie ewige God van die ewigheid/voortd/ooste, wat ’n bewoonbare ruimte van ’n ander realiteit is, het die mens geval.

          Sela: Verduidelik aan iemand hierdie verstaan van die val van die mens van ewige na tydelike wese.

  • Lees: 5-8; Efes. 3-4
  • Memoriseer: 4:4-13 (Probeer!)
  • Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws: Jou Plek in die Ewige Ruimte van God.