“‘(om) ‘n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot ‘n groot verlossing …”
(Gen. 45:7, OAV)
In die Charismatiese eindtydleer duik die begrip “remnant” dikwels op. Daar is egter nie ‘n konsensus oor wat presies die term vir hulle beteken nie. Vir die meeste strominge verwys dit na die groepie wat met die hoop op die wegraping hulself in die sogenaamde groot verdrukking voorberei om deur die drie-en-‘n-half jaar van die Antichris se heerskappy op aarde te kom en getrou bevind te word. Die Believer’s Bible Commentary, byvoorbeeld, spel dit soos volg uit: “The faithful remnant of Tribulation saints will go in with Him to the marriage feast.” En ook: “Those who endure to the end in times of persecution show by their perseverance that they are true believers … a faithful remnant …” Ander beskouings koppel dit spesifiek aan die Jode wat in daardie stadium tot geloof kom: “We must remember that while unbelieving Israel will be fruitless forever, a remnant of the nation will return to the Messiah after the Rapture. They will bring forth fruit for Him during the Tribulation and during His Millennial Reign.” (Ibid.).
Dis nie vir ons nodig om op die verkeerde beskouinge in te gaan nie (kyk na Manna Dag 351 as samevatting oor die Bybelse beskouing).
Die woordjie “remnant” of “oorblyfsel” is ‘n vertaling uit die Hebreeus van die woordjie yether, “what is left over” (Deut. 3:11; 28:54; Jos. 12:4, en so meer); of van die Hebreeuse woordjie she’ār, wat beteken: “the rest” (Esra 3:8; Jes. 10:20-22; 11:16, Sef. 1:4, en so meer). Meer dikwels kom dit van die woordjie she’ērı̄th af, wat “residue”, beteken (2 Kon. 19:4 & 31; 2 Kron. 34:9; Esra 9:14, en Jes. 14:30, en so meer).
Veral uit die laaste verwysing, en as grondslag van die frekwente gebruik van die woordjie in die profetiese boek Jesaja, dui hierdie begrip op ‘n “a holy seed,” ‘n geestelike kern wat oorbly nadat die totaliteit van die saak/objek/ding nie meer ter sake is nie. Dit word hoofsaaklik gebruik as ‘n term wat verwys na dit wat oorbly ná ‘n groot groepering wat dieselfde saad gedra het, nou dood is, weggevoer is, gesekulariseer het, of wat ook al. Hulle is ‘n aanduiding van die suiwer ideale rondom God se primêre agenda wat ten alle koste in hulle bewaar word. Die eerste keer dat dié woord gebruik word in die Bybel, is ‘n veelseggende definiëring van hoe dié begrip oorwegend in die Skrifte gebruik word: “Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle ‘n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot ‘n groot verlossing.” (Gen. 45:7) – dit is Josef aan die woord.
In Jes. 7:3 lees ons dat die profeet Jesaja sy seun “Sjear Ja-sjub” moes noem, wat beteken: “the remnant shall return”. Hierdie belofte is deur die eeue te sien soos ‘n goue draad – deur die geskiedenisse van die Ou en die Nuwe Verbond, en die lewende handelingekerk se geskiedenis die laaste tweeduisend jaar. Die oorblyfsel is die klein groepering van gelowiges waarbinne God sy Goddelike saad gestort het, en wat hulle bewaar dit in die absolute hoop en geloof dat God se meesterplan deur die eeue onteenseglik besig is om tot volvoering te kom.
- Sela: Verduidelik die begrip’oorblyfsel’ aan iemand.
- Lees: 28-29; Matt. 8
- Memoriseer: 8:12
- Delf dieper: Luister na die cd-lering van Hanno Pienaar: Het jy die Gees van die Oorblyfsel?