Dag 37

 

So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.” (Exo 26:30, OAV)

Een van die kernskrifte rondom die einde van die tye word geprofeteer in Jes 2:2-3: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE ….” Ons gaan nog dikwels na hierdie Skrif terugkom.

Berge is dikwels in die Skrif ‘n aanduiding van ‘n geestelike bo-perspektief (Ps 36:6), ‘n ontmoetingsplek tussen die natuurlike realm en die geestelike realm. Heuwels, daarenteen, dui dikwels op vals godsdienste en afgodsoffers. 

Die hoogste van alle berge in die gees is Sion. In Heb 12:22 word dit uitgespel: “Maar julle het gekom by die berg Sion.” 

Soos Moses die plan van die tabernakel op die berg moes kry, is dit van die allergrootste belang dat die eindtydkerk weet wat is God se bo-perspektief (Jes 55:9). Nie net ten opsigte van die kollektiewe tabernakel is dit die geval nie, ook ten opsigte van jou persoonlike tabernakel. 

Ons het reeds in ‘n vorige lering gewys hoe die onreine gees aanspraak maak op die waterlose Christen, die een sonder die Lewende Water. Dit is so omdat Jesus as die fontein van Lewende Water vervang is met ander (dikwels water-)geeste, wat in die tempel sit en voorgee dat hulle God is (2 Thes 2:4). Daarom dat daar in Ps.74:3 gesê word: “Lift up thy feet unto the perpetual desolations; even all that the enemy hath done wickedly in the sanctuary.” Maar die profetiese versekering word gegee: “U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek. U het die koppe van die Leviátan verbrysel … U het fontein en stroom oopgeslaan.” (Ps 74:13-15a). Dis ‘n voorwaarde vir Joël 3:18 om te kan gebeur. Begin die bo-perspektief verstaan. 

  • Sela: Verstaan wat dit beteken dat die Heilige Gees jou in alle waarheid (Joh 16:13) en Waarheid (Joh 14:6) lei. Waarheid kan net vloei op die Weg, en dit gee gestalte aan die Lewe. 
  • Lees: Gen 37; Ps 37; Mat 8
  • Memoriseer:  Ps 34:4&5  
  • Vir dieper delf: Lees hfst 3 in E.W Kenyon se boek The Father and His family, om die verbreking van “the dominion of death” na behore te verstaan.