Dag 40

“Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong.” (2 Sam 23:2, OAV)

Een van die belangrikste kenmerke dat jy gedoop is met die Heilige Gees, is dat jou tong onder beheer is van die Heilige Gees. In Mat 12, waar Jesus met die kerkleiers praat en aan hulle die konsep verduidelik dat aan die vrugte word die boom geken, sê Hy later in die gesprek: “Uit die oorvloed van die hart praat die mond. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.  Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word. (Mat 12:33-37). Waarvan die hart vol is, sal die mond van oorloop. Dit wat by jou mond uitkom, is die waarmerk van die besnedenheid van jou hart. 

Om hierdie rede verduidelik Jak 3:5-11 dat die tong die gevaarlikste lid in jou liggaam is. In vers 6 stel hy dit geweldig sterk: “Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.” Salomo het ons geleer: “Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.” (Spr 18:21). Jy sal die vrug van jou woorde, of dit lewe of dood is, éét. 

Hosea (14:3, BBE) maak dié oproep aan jou vandag:  “Take with you words, and come back to the Lord; say to him, Let there be forgiveness for all wrongdoing, so that we may take what is good, and give in payment the fruit of our lips.” Dan kan jy met vrymoedigheid sê: “Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong.”

  • Sela:  Maak Ps 141:3  jou gebed elke dag: “HERE, stel ‘n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe. 
  • Lees: Gen 40; Ps 40; Mat 10
  • Memoriseer: Mat 10:29-31
  • Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering oor: Skyn midde in ‘n perverte geslag.