“How long are you going to hold on to
that figment of your imagination … ?” (2 Kings 18:24b, Msg)
In die ondersoek na God se transmutasie as verterende vuur moes ons in die vorige Mannas die volvoering van die Skrifgedeelte uit 2 Pet 3:10-13 – wat tradisioneel gebruik word om die einde van die aarde deur verbranding met vuur te verduidelik – ondersoek. Die belangrikste bevinding was dat dit wel met geestelike vuur gebeur, en dat die “nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon” die Bruid van Christus is.
Uiteraard noop die studie ons om vervolgens die tema van die hel in die Skrif te ondersoek. Met die skryf van dié Manna woed daar in die populêre pers verskeie debatte oor die onderwerp. Die twee pole van die argument lê in die publikasie van twee boeke. Kowie Maritz se Secrets of Hell Revealed beskryf soos vele ander boeke in dié verband (byvoorbeeld die wêreldtopverkoper van Bill Wiese: 23 Minutes in Hell) die afgryslikhede van die hel. Die ander pool wat wêreldwye aandag trek, is die prediker Rob Bell se Love wins, waarin hy uiteindelik tot die slotsom kom dat die liefde van God selfs die poorte van die hel sal oorweldig. Die impak van hierdie boek is sodanig dat selfs die tydskrif TIME nou ‘n hoofartikel daaroor gepubliseer het.
Daarbenewens kry ek bykans weekliks op my epos dokumente en getuienisse van mense wat óf die heerlike goue strate van die hemel bewandel het óf toeristies in die vurige dieptes van die hel geneem is. Duidelik het albei ‘n sterk evangelistiese ondertoon, want die moralisering ten grondslag daarvan ontbreek nimmer.
In een so ‘n epos wat ek verlede week ontvang het – aangestuur deur welmenende Christene – word die mees afgryslike onBybelse onwaarhede oor die hel opgedis om mense tot hul sinne te ruk. Dit grief my om dit selfs aan te haal, maar ter wille van die argument miskien dan wel: “He told me, ‘I want to show you something else … There are also children in this place.’ … Instantly, the Lord showed me an eight year old boy being tormented in fire. The boy cried, ‘Lord have mercy on me, take me out of this place, I don’t want to be here!’ He kept crying and screaming. I saw demons around this boy, that resembled cartoon figures. There was Dragon, BoyZ, Ben 10, Pokémon, Doral, etc. ‘Lord, why is this boy here?’ Jesus showed me a large screen of this boy’s life. I saw how he would spend all of his time in front of the TV, watching these cartoons. Jesus said, ‘Daughter, these animated cartoons, those movies, those soap operas that are seen daily on TV are satan’s instruments to destroy humanity … After this happened, a car ran over him and ended his life. Jesus told me, ‘Ever since then, he has been in this place.’” … Hell exists, hell is real, and even children must decide with whom they will go. I said, ‘Lord, tell me, why are there children in this place?” And Jesus answered, ‘Once children have knowledge that there is a heaven and a hell, then they have a place to choose.’”
Bill Wiese het kategories gesê daar is géén kinders in die hel nie. Die skrywer van hierdie epos beweer presies die teenoorgestelde. Wie praat die waarheid, wie nie? Of is albei mislei deur die figments of their imagination? Ons mag nooit “silly stories that get dressed up as religion” (1 Tim 4:7, Msg) gebruik om ons konsepte oor die hemel en die hel te vorm nie, slégs die Bybel.
- Sela: Wat van jou glo oor die hel is Bybels?
- Lees: Mat 13-15
- Ondersoek die OT-tipologie: Mat 13:42 – baie belangrik vir dié lering (Wenk: Dan 3:17)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se lering: Vreemde Vuur Verplaas God se Identiteit van Vuur in Jou