“For a fire … burns to the depths of Sheol …”
(Deut. 32:22, Ampl.)
Dit is ’n interessante onderneming om na te gaan wanneer die Bybelvertalers van die King James-vertaling die woord “Sheol” anders as graf of doderyk vertaal.
Die eerste geval is Deut. 32:22, waar die wyer konteks tot en met vers 26 ‘n mens binne die moderne konteks se verstaan van die woordjie “hel” absoluut kan verlei om te dink dat in hierdie geval daar weliswaar nié van die doderyk gepraat word nie: “For a fire is kindled in mine anger, and shall burn unto the lowest hell, and shall consume the earth with her increase, and set on fire the foundations of the mountains. I will heap mischiefs upon them; I will spend mine arrows upon them. They shall be burnt with hunger, and devoured with burning heat, and with bitter destruction: I will also send the teeth of beasts upon them, with the poison of serpents of the dust. The sword without, and terror within, shall destroy both the young man and the virgin, the suckling also with the man of gray hairs.” Bes moontlik het die vertalers hier gereken dat as daar sprake is van vuur, en marteling deur allerlei grusaamhede, dit bepaald die hel moet wees.
Daar is verskeie redes waarom hierdie vertaling van “hel” in plaas van “doderyk” ‘n mis-lees is van die teks se bedoeling:
- Bykans al die gesaghebbendes wat oor dié gedeelte skryf, is dit eens dat dit hier gaan oor ‘n profesie aan die volk Israel. Keil & Delitzsch Commentary on the Old Testament stel dit só: “The song embraces the whole of the future history of Israel, and bears all the marks of a prophetic testimony from the mouth of Moses.” John Darby’s Synopsis stel dit onomwonde: “The judgment, nevertheless, falls upon Israel.” En John Gill’s Exposition of the Entire Bible verklaar dit eweneens: “Here begins the account of temporal and corporeal judgments inflicted on the Jews for their disbelief and rejection of the Messiah, their contempt of his Gospel, and ill treatment of his followers; and this here respects the destruction of the land of Judea in general, and the burning of the city and temple of Jerusalem in particular, as the effect of the wrath and anger of God like fire kindled against them … Which denotes an entire destruction, like that of the burning of Sodom and Gomorrah with fire and brimstone from heaven; which issued in a sulphurous lake, and which sulphureous matter sunk to the bottom of the Dead Sea; and to that destruction is this of the land of Judea compared.”
- Die Een wat hier vergeld en straf, is nie die duiwel nie, maar God. Nêrens in die Skrif word gesê dat God in die hel die Tormenteerder is nie.
- Al die beelde en vergelykings wat gebruik word, getuig van natuurlike dinge van die aarde. In die sogenaamde hel kan daar tog nie ‘n liggaam wees nie, hoogstens ‘n siel (Ps. 49:15; Hand. 2:27. Let wel: nie ‘n gees nie – die gees keer met die dood na God terug, en die liggaam tot stof, sê Pred. 12:7.)
- Indien dit as die hel gesien word, is daar selfs suigelinge wat die lot van ewige teistering sal ondergaan (die Rooms-Katolieke se “infant damnation”), iets wat geensins te rym is met God se karakteraard nie (Jer. 7:31).
Onder geen omstandighede kan Deut. 32:22 as “hel” vertaal word nie. Alles dui op ‘n metaforiese straf vir Israel, en nié ‘n universele ewigdurende hel vir verdoemdes nie.
- Sela: Besef hoe gevaarlik dit is om die Bybel met jou vooropgestelde bril te lees.
- Lees: Mark. 3-5
- Ondersoek die OT-tipologie: Mark. 5:28 (Wenk: Lev. 15:19)
- Delf dieper: Luister na Hein Holm se cd-lering: ‘n Beter Erfenis – die einde van die vloek