
“And you shall put the Bread of the Presence on the table before Me continually.” (Ex 25:30, LITV)
Die twaalf toonbrode in die Heilige deel van die tabernakel is van fynmeel sonder suurdeeg gebak (Lev 24:5). Die benaming “toon”-brode (in Engels: showbread, of shewbread) dui op die feit dat die brode iets vertoon, of heenwys na iets spesifieks. In ons beskouing van die tabernakel tot dusver is daar deurgaans uitgewys dat die tabernakel is ‘n heenwysing na die volheid van Christus se inwoning in die gelowige: “Christ in you, the hope of glory” (Col 1:27). Die toonbrode spesifiek het dus ‘n dubbele heenwysing hierna. Nie net is dit ‘n duidelike manifestasie van Jesus as die Brood van die lewe nie (Joh 6:35), dit is veral ook ‘n eksplisiete teken van die realiteit van Christus se Teenwoordigheid in ons.
As alles uit Hom ontstaan het (Joh 1:3), en alle dinge in Hom standhou (Kol 1:17), en Hy alle dinge dra deur die woord van sy krag (Heb 1:3), en alles deur sy wil bestaan (Open 4:11), dan IS Hy die realiteit. Die Good News Bible spel dit uit: “the reality is Christ” (Col 2:17). Vir die wedergeborene word Christus die realiteit waarbinne hy leef, beweeg en is (Hand 17:28)! Christus is dus nie net in jou nie, jy is ook in Hom! In Christus word alle dinge dan met Hom versoen (Kol 1:20) – dit is die primêre taak van gelowiges wat die Koninkryk van God moet laat kom: “to usher in the fullness of the times and to gather up all things in Christ, both things in heaven and things on earth” (Eph 1:10, ISV).
Van hierdie realiteit in Christus getuig die Brood van sy Teenwoordigheid. Dit sal “continually” daar wees, “at all times”. Dis ‘n durende Teenwoordigheid. Die wortelbetekenis van “toon” in die oorspronklike Hebreeus is dan ook: “om die Gesig van God te aanskou”.
Die Gemara (die opgetekende kommentaar van rabbi’s deur die eeue) verwys ook dat daar ‘n bonatuurlike verskynsel was rondom die toonbrode. Al is die brode weekliks vervang, het dit die hele week lank vars gebly en selfs deurgaans stoom vrygestel!
Kan jy saam met Job 29:20a (ASV) verklaar: “My glory is fresh in me”? Vertoon jy daadwerklik die gesig van God in die wêreld? En hoeveel stoom van Sy realiteit sien die mense om jou uit jou versprei?
- Sela: Dink en bid oor Eks 24:18 in die lig van die lering.
- Lees: Eks 24; Ps 74; Rom 16.
- Memoriseer: Eks 24:10-11
- Vir dieper delf: Bestudeer die klassieke teks van Brother Lawrence: Practicing the presence of God.