“Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken … ” (Jer 29:13, NV)
Ons het nog geensins stilgestaan by een van die mees fundamentele aspekte van ons geloofswandel nie, naamlik: hoe hoor ‘n mens die stem van God? Uiteraard is dit grondliggend ten opsigte van alle fasette van die bepaling van God se wil vir ‘n mens se lewe. (Ons kom later in detail hierop terug.) Totdat dit aan bod kom, is dit egter belangrik dat ons die fondasiestene lê van hoe ‘n gelowige God se wil kan onderskei en ken. In die Amplified se parafrase van Col 1:9, bid Paulus: “[asking] that you may be filled with the full (deep and clear) knowledge of His will in all spiritual wisdom [in comprehensive insight into the ways and purposes of God] and in understanding and discernment of spiritual things”.
Jy moet een ding weet: dit is vir God belangriker as vir jou dat jy sy volmaakte wil kan onderskei. Spr 16:3 is derhalwe een van die belangrikste rigtinggewende Skrifte van hoe ons van die Here hoor ten opsigte van ons planne: “Roll your works upon the Lord [commit and trust them wholly to Him; He will cause your thoughts to become agreeable to His will, and] so shall your plans be established and succeed.” (Amp). Mense mis dikwels die progressie en orde in hierdie proses. Allereers moet jy jou werke voor die Here “rol” – die KJV vertaal dit as “commit your works”. Die beste vertaling hiervan is egter die 1899 Douay-Rheims Bible: “Lay open thy works to the Lord”. Die CEV verklaar dit as: “Share your plans with the LORD”. Die werke is dus as ‘t ware die voorafwerk, die grondwerk, jou planne (Eks 31:4). Deur intersessie “rol” jy dit as “first fruits”, letterlik: eerste werke, voor Hom – soos die Ou-Testamentiese beweeg- of wuifoffer (Eks 29:24; Lev 23:20)! Die volgende stap is dat hy jou gedagtes “agreeable” maak met Sy wil. Dit beteken dat Hy die planne modifieer/skrap/verbreed/fokus, met ander woorde Hy bring bonatuurlike wysheid in die saak en maak dit sodoende ook Sy plan. Hierdeur “you hear the counsel of the Lord” (Jer 49:20). Dikwels is daar baie planne in ‘n mens se hart (Spr 19:21), maar Spr 15:22 is reg as dit sê: “Planne misluk sonder beraadslaging …”! Met hierdie strategie “shall your plans be established and succeed”.
Hierdie pragtige proses beskryf Dawid só in Ps 37:5: “Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer”, maar Paulus kwalifiseer dit in Fil 2:12-13 as hy sê: “werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae”.
- Sela: Die Skrif in Fil 2:12-13 moet jy asb deurdink en –bid.
- Lees: Eks 31; Ps 81; Mark 7
- Memoriseer: Mark 7:13a
- Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Ontvang van God dit wat jy vra.