Hoe is dit moontlik dat ‘n profeet deur ‘n leuengees kan profeteer?

 

BYBELBAAK 142

 

Profesie is een van daardie wonderlike gawes van God aan die Liggaam van Christus, maar dit kan een van die heel gevaarlike gawes ook wees as dit nie volgens Bybelse riglyne gesoek, ontvang en beoordeel word nie. Een van die belangrikste aspekte van profesie is dat die profeet wat ‘n woord van die Here ontvang, dit gee vir die persoon vir wie hy/sy die woord gekry het. Die proses is nie andersom nie – jy raadpleeg nooit ‘n profeet om ‘n woord te ontvang nie. Indien dit in die verkeerde orde gebeur, en ek gaan vra ‘n profeet vir ‘n profetiese woord van die Here af, sê die Skrif dat die Here (NIE DIE SATAN NIE!) ‘n leuengees stuur na die profeet om my te antwoord wat ek graag wil hoor (1Kon. 22:22-23 en 2Kor. 18:21-22). Dis ‘n skrikwekkende waarheid. Dit word in ‘n meer omvattende wyse in Eseg. 14:4 (AB) uitgespel: “Therefore speak to them and say to them, Thus says the Lord God: Every man of the house of Israel who takes his idols [of self-will and unsubmissiveness] into his heart and puts the stumbling block of his iniquity [idols of silver and gold] before his face, and yet comes to the prophet [to inquire of him], I the Lord will answer him, answer him according to the multitude of his idols …” As jy dus byvoorbeeld ‘n bepaalde idee/begeerte/vooropstelling, wat ook al, in jou hart het (wat hier ‘n “idol” genoem word), en eintlik net God as ‘t ware wil gebruik as ‘n geestelike rubberstempel, en jy gaan na ‘n persoon toe vir profetiese counsel, sal die profeet – hoe rein en edel hy ook al is – jou ‘n bevestiging gee van dit wat jou diepgesetelde hartsbegeerte is, asof dit ‘n profetiese woord van die Here is waarop jy net “Amen, Bevestiging!” kan sê. Maar dit is ‘n leuengees wat met jou gespreek het, en nie die gees van profesie nie. Dit is derhalwe van die uiterste belang dat ons nie profetiese counsel gaan soek nie, maar wag tot profetiese counsel na jou toe kom. Profetiese counsel kan nooit die persoonlike stem van die Here vervang nie. Die meeste gelowiges het verkeerdelik ‘n sug na profetiese woord omdat hulle nie sélf die stem van die Here hoor nie.

Dr. Tom Gouws