
“die wyding van die salfolie van sy God is op hom” (Lev 21:12, OAV).
Vyf laaste, maar baie belangrike aspekte rondom die goue kandelaar.
Allereers: die olyfolie wat uit die lamp vloei, dui op die feit dat jy as gesalfde priester van God funksioneer (Eks 40:15). Almal wat wedergebore is, word deel van “the priesthood of all believers”, soos Juan Ortez dit noem, deel van die “koninklike priesterdom” (1 Pet 2:9). God se begeerte is ‘n getroue priesterskap “wat sal handel soos dit in my hart en in my siel is, en Ek sal vir hom ‘n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die aangesig van my Gesalfde kan wandel” (1 Sam 2:35).
Tweedens dui dit op jou afgesonderdheid vir God (Lev 8:12). Deur die salwing word jy vir God geheilig. Die woordjie heilig word dikwels verkeerd verstaan, maar in die oorspronklike betekenis dui dit op afgesonderdheid – jy is nie soos die ander nie; Hy het jou eenkant vir Homself gehou, en jy hou jouself eenkant vir Hom. Dit beteken nie dat jy wêreldvreemd en asketies moet leef nie, maar wel toegewy aan Hom wees. Sonder heiligmaking sal jy God nie sien nie (Heb 12:14).
Derdens: in die KJV word die Skrif hierbo vertaal as “the crown of the anointing oil”. Jy verkry deur die salwing ‘n bepaalde posisie in die geestelike realm – “and He raised [us] up together and seated [us] together in the heavenlies [or, heavenly [realms]] in Christ Jesus” (Eph 2:6, ALT). Dit bepaal ook jou outoriteit (Lev 21:10; 1 Kor 12:28; Hand 19:15). Hierdie salwing word ‘n konstante bron, nie net iets wat af en toe op jou val nie: “En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.” (1 Joh 2:20). Dit beteken die Heilige Gees neem dit wat jy as kennis ontvang, en maak dit openbaring! 1 Joh 2:27: “En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer … en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.”
Vierdens: dit bring jou in onder God se covering. Benewens dat ‘n man sy vrou se covering is (1 Kor 11:7; Efes 5:23), staan jy nie onder die covering van gemeenteleiers, dominees, pastore, apostels, kerke, wie ook al nie. Christus alleen is jou Hoof (1 Kor 11:3). Moet dat niemand jou onder vals hoofskap of covering in manipuleer nie.
En laastens: hierdie kollektiewe salwing, sê Ps 133, is noodsaaklik om in eenheid met ander gelowiges te kom; en as daar eenheid is, gebied God sy seën!
- Sela: Maak elkeen van hierdie aspekte hierbo genoem in die gees vas. Dis uiters belangrik.
- Lees: Eks 22; Ps 72; Rom 14.
- Memoriseer: Rom 14:17.
- Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering oor: “Die oprigting van ‘n koninklike priesterdom teenoor Sataniese priesterordes.”